Posted by: White Knight | Thursday, 23 October, 2008

Moenie sleg voel nie.

As daar een ding in die lewe is wat die Ridder se hart bly maak, dan is dit as die mense om hom gelukkig is. Dis juis die rede hoekom jy party mense moet vermy want, sodra hulle naby jou is word hulle ongelukkig. 😕

Die strewe van die blog is juis om mense te help om beter oor hulle self te voel, wel in die meeste gevalle. Dis mos nie my skuld as almal nie die beste rugby span ~ BLOU BULLE ~ ondersteun nie. Vryheid van assosiasie is mos ‘n demokratiese reg, jy kan kies wie jy mee gesels, saam kuier, ondersteun, voor stem en wat ookal die geval is.

Daarmee wil ek net beklemtoon dat enige persoon dus kan reageer sou jy ‘n artikel of skrywe iewers lees aldan nie, die keuse word geneem en berus daarby. Sou jy deelneem aan die debat en iemand anders verskil van jou, omdat hulle kan, aanvaar dit en gebruik die debat om jou siening met hulle te deel niks fout daarmee nie. As jy ‘n opinie het plaas dit, en sou jy later deur ander inligting jou siening verander, moenie sleg voel nie, erken dit en gaan aan.

Wat egter ongevraag en onnodig is, is die tendens wat daar ontstaan om ander persoonlik aan te val. Dis ‘n euwel en hoort nie by enige beskaafde gesprek nie. Die probleem is egter dat daar elemente is wat net heeldag mis rol en juis oor hulle soos die miskruier agteruit loop om die misbol te rol en die bly groei, kry hulle natuurlike ‘n mislike uitkyk op die lewe en wil of kan naderhand nie meer anders optree as mislik nie.

Dis jammer, maar die mense is deel van die alledaagse lewe en ook die blog sfeer. Die beste is maar om diesulkes te ignoreer en die beskaafde gesprekke vol te hou. Op sigself beteken dit geensins, dat almal net moet saam stem nie,  veral as hier gesels word oor huwelike, verhoudings, lewens opvattings, godsdiens, geloof en rugby nie. Die laaste is natuurlik ook verwant aan geloof of so lyk dit as jy sommige uitsprake bestudeer.

Wel aan ‘n ieder en elk wat al hier kom kuier het, baie welkom en dankie. Natuurlik het dit my verwagtinge heeltemal oortref en sonder julle is daar nie ‘n blog nie en net ‘n monoloog. Derhalwe kan ek eerder dit net op my rekenaar berg en daarvan vergeet. Hoop julle almal kuier lekker en dat ons nog lank saam kan gesels en dabatteer in ‘n goeie gees. Self ons blog vriendekring verder uitbrei.

Baie dankie aan die wat reeds die Ridder geluk gewens het met sy verjaarsdag vandag, nee Roer jy is nie laat nie, dis vandag. Arabier wat die water geroer het, Sharona, Monna, Thasia, Suzanne, Roer, Linda en die ander wat ek dalk nie nou noem nie. Kry vir julle van die koek hier en ons hoop Dellie sal kom skink later vir die wat dors is.  😉

Aan die wat nog nie gelukwensinge kon laat nie, moenie sleg voel nie, julle het nog tyd. 😛

Baie geluk ook aan Jaco by Wosonki en al die ander wat ook verjaar vandag. hoop julle word goed bederf.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. Nou maar jinne mens, baie geluk met jou verjaarsdag! Mag daar nog vele wees en mag die dag en die jaar wat voorlê net mooi dinge inhou.
    Dit is baie spesiale mense wat in Oktober verjaar en ekstra baie spesiale mense wat op die 23ste van die mooiste maand verjaar 😉

  2. Ridder baie geluk met jou verjaarsdag! Ek hoop jy word ook baie goed bederf!!! Mag al jou drome in die nuwe jaar waar word.

    Ek oefen net gou my demokratiese reg uit! Ons gaan sushi eet 😆

  3. Dankie Ridder, ek het sommer van dag een af baie welkom op jou blog gevoel. Jy was buitendien een van my gunstelinge van SSSB.

    Hoop dat die koningin en die prinsesse jou vanaand sommer baie gaan bederf.

  4. Jaco, ‘n heerlike dag vir jou en mag jou lewensbootjie in rustige waters vaar in die komende jaar.

  5. Baie, baie geluk! Telkom was net betyds! Ek hoop jy het ‘n wonderlike jaar!

  6. Geluk!!! En hoe oud is jy, of is jy skaam.

    Ek stem saam mens kan verskil en selfs ‘n sterk standpunt maak sonder om lelik te wees. Blou bulle? Rooikatte? Cheetahs en wildekalwers…ek verdwaal, ek le onder die bed en lees as daar rugby is,,,,,MAAR los die springbok

  7. ♪ Happy birfday to yooooouuuuuuu . . . ♪

    Mag al jou wense waar word!

  8. Geluk ook met jou verjaarsdag!

  9. En hier kom ek amper te laat aangetrippel, maar darem nie heeltemal nie, sjoe! HAPPY HAPPY verjaarsdag Ridder, hoop hierdie blog van jou oortref jou wildste verwagtinge en BAIE dankie vir die Veilige Hawe wat jy vir ons geskep Het!! Hiep, hiep HOERA!!!

  10. Persoonlike aanvalle uit die monde van die onopgevoede, klaslose skinnerbekke opsy:

    Seenwense vir die jaar.

  11. Wit Ridder, baie geluk met u verjaarsdag. Ek hoop jy het ‘n wonderlike dag gehad. Ek wens u net die beste toe vir die volgende jaar wat voorlê!

  12. 😳 Ek’s laat…

    Hoop jy het ‘n heerlike dag gehad! Jammer oor jou naweek wat so gespoil gaan word! 😉

    Stem saam met jou oor comments wat mense persoonlik aanval. Dis mos die lekker van die lewe, om te kan verskil van mekaar, op ‘n beskaafde manier. Ek moet se, ek sal net op ‘n blog waar ek gemaklik voel, ‘n comment los waar ek verskil van die skrywer. Party mense se senupunte is maar baie rou!

  13. /me bring gemmerkoekies wat met ‘n spesiale strikkie versier is vir die bifday Ridder… jammer dis laat, maar baie geluk met jou verjaarsdag, hoop dit was ‘n stunning ene! 😉

  14. Opregte dank van my af vir elke een wat hier julle spore van gelukwensing kom laat het. Dellie vir die gemmer koekies 😳 en al julle wonderlike wense. Linda, Skoor, Krista, Pikkelik, Dellie, Zee, Emil en almal wat ek per ongelik nie gesien het nie.

    Skoor welkom hier sien jou prentjie is ook nou hier.

    Nou kort ek nog net my gebruiklike persent van die BLOU BULLE AF en dan is die alles weer klopdisselboom. Of is dit nou uit tand Shark 😆

  15. Maar mapstieks – sal ekke dan nou my pienk kolletjie geel gestreepte titanium reus met sy ‘O Griet’ perd se bifday mis! Skies u ridderlike hoogheid (buig) maar hartlike belated bifday 😉
    ((((HUG)))) and kisses xxxx
    Soos breinster sal sê: Lekker knor oor die herdenking van nog ‘n jaar wat jy meer mediese rekeninge kry 😆
    Maar ekke hoop jy word nog eendag so oud lat die munisipaliteit jou sal moet wegry…want jy is ‘n liggie sterker as ‘n spotlight in ‘n samelewing vol donkerte…(geestelik gesproke nou) 😉 en mens kry mos deesdae daai kersies wat jy nie kan doodblaas nie 😛 so brand helder en maak lig en neem Dellie se sêding ter harte: Pak die ‘lewe’ by die horings en ry hom bloots!

    Die blou bul horings bygesê LMGA! Die blou bul is hy nie ‘n bielie nie…tra la laaa!!!!!

    Nog (((HUG))) en kisses mwha xxxx

    Bravo 2 oor en uit!


Categories

%d bloggers like this: