Posted by: White Knight | Wednesday, 22 October, 2008

Werk is ‘n afgod of nie?

Die rede hoekom die meeste mense werk is seker maar die van, in die sweet van jou aanskyn sal jy jou brood eet:mrgreen:

Meerderheid van mense werk om te oorleef, vir kos, klere, dak oor hulle kop, ens. Daar is ’n baie klein persentasie van die wêreld se bevolking wat régtig eerlik kan sê dat hulle net werk om besig te bly, hulle het nie die finansies nodig nie.

Die vraag is egter wat motiveer jou en hoe lank spandeer jy gemiddeld met jou werk. Nie by die werk nie, want baie mense vat werk huis toe of reis vir hulle werk. Hoeveel tyd spandeer jy as persoon om te werk? M.a.w. jou taak wat jy moet verrig om jou salaris of loon te kry. Wil nie die term verdien gebruik nie, omdat daar deesdae baie is wat net sit en nie werk nie maar ook ’n inkomste kry.

Baie mense werk kantoor of fabrieks ure wat in die meeste gevalle beperk is tot tussen 38 en vyf-en-veertig ure per week. Hierdie ure word geskeduleer volgens elke maatskappy se behoeftes en daar word self voorsiening gemaak vir fleksie tyd, wat jy vandag nie werk nie kan jy môre of oormôre weer inhaal.

Die kwessie is egter die mense wat meer as dit werk. Hulle is altyd by die werk maak nie saak of dit naweek is of vakansie dae nie, hulle is besig met die werk.

Hulle sloof hulself af vir redes wat ander nooit verstaan nie.

Dis hulle wat lank voor die ander by die werk is en weer vanaand die ligte sal afsit in die kantoor. In elke een van die gevalle is die groep of persoon se redes verskillend. Die een vertrou niemand om sy / haar werk te doen nie en sorg altyd dat hulle self in beheer is van wat aangaan.

Die volgende een is weer so oorlaai met werk dat dit eindelik vir twee of meer mense bedoel is, maar die idee van as jy iets gedoen wil hê gee dit vir die persoon wat besig is. Swak bestuur op sy beste. Plaas dat hulle die loodswaaiers se tjank vastrap nee, die gewillige donkie moet maar die meule maal.

Geld speel natuurlik ook ’n groot rol in sulke gevalle aangesien mense vergoed moet word vir oortyd wat hulle werk. Jy kry dan onder die groep die wat werk omdat die ekstra inkomste hulle help om kop bo water te hou. Op sig self ’n baie gevaarlik beleid want sodra die fonteintjie opdroog is hulle in ’n diep verknorsing en kan moontlik alles verloor.

Anderkant van dieselfde spektrum is die wat so geld behep geraak het dat hulle net meer en meer wil bekom. Ongeag of hulle vir ’n firma werk of ’n eie besigheid bedryf. Hulle spandeer elke oomblik by die werk of kantoor net om daardie ekstra randjie te maak, want genoeg is nooit genoeg nie.

Dis hierdie groep wat dan ook ten volle die sin van waarde verloor, Nie Rand, Doller, Pond nie, dit kan hulle in die middel van die nag vir jou gee, waarde van lewe.

Waarde van lewe vir jou en ander.

Dis waar dat geld nie alles kan koop nie, alhoewel baie sal saamstem dit maak die lewe makliker in sekere opsigte. Maar geld kan nie selfrespek, liefde, geluk of kameraadskap koop nie.

Indien jy en die maat in jou lewe saam besluit dat vir ’n rukkie gaan een van julle baie tyd spandeer met werk of studies kan julle dan voorberei en mekaar aanvul vir ‘n tyd lank. Sou hierdie tydperk die voorgenome tyd oorskry kan julle dalk nog vir ’n rukkie daarmee saamleef, maar nie onbepaald nie.

Die doelwitte wat julle saam op besluit het, vervaag naderhand en die huidige omstandighede word dan groter as dit. Die een begin naderhand voel hy / sy doen al die werk en verdien die meeste geld maar kry nie die voordeel daarvan nie. Die ander een begin weer afgeskeep voel en bevraagteken naderhand die ander een wat heeltyd moeg is by die huis.

Hierdie tipe van situasie kan enige huwelik of verhouding onherstelbare skade berokken veral as ma by die huis is en die kinders moet versorg sonder om ooit tyd vir haarself te hê, gaan sy begin rebelleer teen die reëling. Veral as die man nooit met enige iets rakende die kinders of by die huis help nie. Die feit dat hy die geld huis toe bring is nou nie meer ’n faktor nie. Ek sê wel hy maar die omgekeerde is ook van toepassing, sou die vrou die hoof broodwinner wees.

Die een wat dus die slaaf geword het van die werk, is nou nie net nooit meer beskikbaar vir die huwelik nie, maar verloor ook die wonder van kinders wat groot word. Kom by die huis dan of slaap die kinders al of is oppad om te gaan slaap. Die oggende sien hulle ook nie mekaar nie, want hy ry al voor hulle opstaan. Gevolglik is daar net naweke ’n Pa by die huis, wat heel moontlik dan ook nog Golf speel ter wille van besigheid.

Dit kan lei tot konflik en spanning in die huwelik, in gesinne.

Hierdie tipe van leefwyse mag dalk jou Bank balans laat styg en die beursie vet hou, maar is ’n erkende resep vir een grootskaalse ramp. Daar ontstaan spanning in die huwelik en ook die gesin verband. Pa en Ma leef by mekaar verby, hy vir sy werk en sy doen wat nodig is vir die huis en kinders en vind gewoonlik iets om haarself mee besig te hou.

Sodra die kinders groter word begin die probleem. Hulle ruk hande uit en toets hul grense, ma kan nie meer alleen dissiplineer nie en omdat Pa nooit betrokke is nie aanvaar die kinder nie maklik sy gesag in sulke situasies nie. Gevolglik sit die huis dan met een of meer moeilike of rebel tiener wat die gaping tussen men en vrou en kinders net groter maak en elkeen trek nog vêrder terug.

Rykdom en werk, sonder tyd vir ontspanning en familie maak nie sin nie

Indien jy net werk en geen voorsiening maak vir tyd saam met jou gesin en ook natuurlik om te ontspan nie, kan jy in meer as een opsig duur betaal vir jou skatte. As jy geen verhouding met jou kinders het nie is jy geweldig arm aan herinneringe en seen. Hiermee sê ek nie dat mense wat nie kinder het nou nie volkome is nie, ek verwys na die saak in gesin verband.

Sonder jou lewensmaat sal jy nooit jou lewe se beproewinge, blydskap en hartseer kan volkome hanteer nie, net nog ’n minus punt teen jou rekening. Natuurlik die belangrikste is jyself, as jy nie genoeg ontspan en rus nie, gaan jou vrou se tweede man saam haar jou rykdom geniet.

So die rykdom van geld en herinneringe gaan hand aan hand met ’n gebalanseerde lewenstyl van liefde, gee en neem, ontspan en bowenal jou geestelike lewe ook op datum te hou.

Sien ’n man wat met monitêre waarde sowel as geestelike en persoonlike balans gelaai is tot voordeel van homself en sy gesin is ryk. Andersins is jy die bankrot baas van ’n dowwe geklingel van silwer munte. Dieselfde silwer munte wat jy jou siel voor verkoop het.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. Dammit WK nou laat jy my skuldig voel oor ek die hele dag net chat en nie werk nie 😳

    LOL nee ek werk darem net my ure wat ek moet!!

    Liefdetjies
    😉

  2. Dit voel of hierdie inskrywing vir my geskryf is.

    Ons werk op die oomblik ongelooflike lang ure. Dit is ons eie besigheid dus uit vrye keuse. Maar omdat dit so sleg gaan met die ekonomie op die oomblik moet mens maar pap skep as dit reën. Genoeg bymekaar maak vir die swaar tye wat voorlê! En swaar gaan dit verseker gaan. Die rand lyk sleg!

    Ek en my Teddie moet meer tyd vir ontspanning maak. Ek weet dit. Mens is ook alte geneig om te sê môre, maar môre is daar weer iets anders. Want die mense soek hulle werk! As jy nie perform nie, kry hulle iemand anders om die werk te doen.

    Ons is ook nie ‘n BEE maatskappy nie wat dit nog moeiliker maak!

    Dus jy is half teen die muur!

    Jou inskrywing het my net weer laat besef dat maak nie saak wat die omstandighede mens moet balans hou!

    Ek beter ‘n skaal gaan koop om die balans te herstel! 😆

  3. Ridder,

    weereens som jy dit so mooi op!

    Maar my gevoel hier rondom is dat werk opsigself nie ‘n afgod is nie.
    Dit is die mens wat ‘n afgod daarvan maak!

    En Wipneus se stelling van die balans is ‘n feit soos ‘n Blou Bul!

    (Jammer Haaitjies. Julle is net ‘rumours! 👿 )

    Ridder, ek hoop jy luister Radio Rippel. Indien nie, skakel more oggend in op 90.5FM @ +- 06:15.
    Miskien so 2 minute vóór die tyd.

    En dan bly jy sommer daarop. Dit is ‘n wenstasie.

    Soos die Bulle ‘n wenspan is! 😛

    Grootneus 😎

  4. O ja, ek wou nog se:

    DIE BULLE ÍS DIE BESTE!

    Maar ons weet dit mos nou al almal teen die tyd.

    Grootneus 😎

  5. Arabier? Rumour? A nee a! Hoe moet ek nou voel 😀

  6. Thasia,

    ongelukkig MOET daar ‘n tweede span speel.
    En julle is ongelukkig die uitverkorenes!

    Het ek al vanaand gesê:

    DIE BULLE ÍS DIE BESTE!

    Grootneus 😎

  7. Ridder,

    ek verstaan dat dit vandag die herdenking van jou geboortedag is?

    Baie geluk!

    Mag jy seën en voorspoed ontvang van ons hemelse Vader en Sy wil geskied in jou lewe vir die jare wat voorlê.

    Geniet jou dag.

    Grootneus 😎

  8. Ridder, baie Geluk met die Herdenking van jou Geboortedag – mag die nuwe lewensjaar met vreugdes, vrede, voorspoed, goeie gesondheid, geluk en liefde geseen word. Geniet jou spesiale dag terdee.

    Groetnis 🙂

  9. BAie GEluk WK ek hOOP dat Dit ‘n BaIe WondeRliKe Dag gaaN WeEs eN Dat Al Jou DrOme WaaR sAl wOrd!!

    HooP oNs kRy DaReM vaNdaG BiEtjIe KOEK In DIe RooM!!

    LiEfDeTjieS
    xxxx

  10. Arabier
    Nou laat jy die spreekwoordelike kat uit die sak. 😳

    Baie dankie julle, dit is inderdaad die uwe se herdenking van sy geboorte dag 😛

    Arabier, Sharona, Thasia sal vir julle die Trippel Chocolate Mouse koek los hier saam die nodige vloeibare verversings. 😉

    Groete

  11. Baie geluk Ridder. Mag hierdie die wonderlikste jaar van jou lewe wees en mag al jou drome waar word en mag ons Hemelse Vader jou styf vashou.

    Arabier, die Sharks gaan kleingeld van die Bulle maak. Watch my word!!

    Ridder, die wagwoord is balans.

  12. Happy birthday, White-Knight, hoop jy het wonderlike dag.

  13. Baie baie geluk met jou verjaardag, Liewe Knight, mag die nuwe lewensjaar vir jou vol mooi drome wees en jy die wonderlike liefde van ons Hemelse Vader altyd in jou hart sal koester.
    (hoop jy word vrot bederf 😛 )

  14. Linda,

    wat verstaan jy nie van:

    DIE BULLE ÍS DIE BESTE! nie?

    Ai jai jai jai jaaaaaai! 😆

    Sê stadig agter my aan:

    DIE BULLE ÍS DIE BESTE! en die Haaitjies gaan vertrap word op eie bodem. 😈

    Dit is mos nie so moeilik om te verstaan nie?

    Grootneus 😎

  15. Arabier, kom ons praat weer na die wedstryd. Die Bloues gaan met ‘n kafferpak huistoe gestuur word – sonder horings en wat is ‘n bul sonder ‘n horing??

  16. Baie geluk WK en jammer ek is ‘n dag laat. Hoop jy het ‘n wonderlikke verjaarsdag gehad en dat die jaar vorentoe, geseend sal wees.

    Ek en my man is baie seinig op ons naweke. Dit is gesinstyd, want ongelukkig is dit nou maar so in sy beroep dat deur die week hy eers 7uur in die aande by die deur in stap. Dan is dit speel met die seuns en dan lees hy vir hulle storie en bed toe. Dis maar ‘n uur elke aand saam met hulle, hence hoekom naweke ons so heilig op ons tyd saam met hulle is. Dis die lewe. Die pot moet aan die kook gehou word, jy moet tyd saam met die Here spandeer, jy moet jouself probeer gesond hou (gym), dis gesinstyd, ens (natuurlik nie in daai volgorder nie – prioriteite is belangrik). Dis ‘n groot juggle, maar ek kla nie. Dis lekker!

  17. Linda,

    my laaste skrywe was in ‘n goeie gees gesê en ek hoop van harte jy het dit so opgeneem?

    As ek enigiemand verontreg het daarmee, vra ek omverskoning!

    Grootneus 😎

    (Maar ek staan daarby: DIE BULLE BLY DIE BESTE!) 😆

  18. Arabier

    Ek is darem nie kleinlik nie en in werklikheid gee ek nie om watter van die twee spanne wen nie. Al wat saakmaak is dat die beste span gaan wen. Soos Ridder reeds gesê het, het my span mos tog in elk geval verloor.

    Mag jy ‘n heerlike dag in die sandput hê, gee jou kamele genoeg water en moet jou nie te veel oor die bulle se komende nederlaag verknies nie. Daar is mos sekere goed in die lewe waaroor jy geen beheer het nie. hehe

  19. Sjoe,

    😳

    dankie! Vir ‘n oomblik het ek gedink miskien was ek bietjie kras en het oom Ridder met my gepraat!

    Mooi dag ook vir julle almal in die Republiek.

    Ridder, ek hoop jou dag het sover mooi verloop en jy word vanaand lekker bederf.

    Grootneus 😎

  20. Salut, Chevalier Blanc . Comment ça va?

    Vous travaillez trop durement

    Au revoir

  21. Hau miesie met die neus hoekom nou djy vloek die baas van die safety djou kop hy los jou te veel

  22. Madame Wipneus de bonne journée.

    Je suis bon vous remercie.

    Comment allez-vous ?

    En utilisant le service de traduction la signification ou votre traduction est perdue.

    Les souvenirs

    Au revoir

  23. Hello Mavis

    Jy moet die miesie met die Neus maar verskoon sy speel met die taal van die Franse.

    Maar ons sal haar nog mooi leer 😉

    Groete

  24. 😯 😆

  25. Vous parlez bien français. 😆


Categories

%d bloggers like this: