Posted by: White Knight | Tuesday, 21 October, 2008

Die Hawe se vangste

Te midde van al die bedrywighede hier in die Hawe, het daar natuurlik in die aanloop tot die naweek ook ’n een en ander hier gebeur. Vir die van julle wat nie weet wat die naweek so belangrik maak nie, dis Curriebeker finaal.

Soos julle gesien het gesels ons oor die frustrasies van die lewe die afgelope dag of so. Een van die dinge is natuurlik mense wat die Blou Bulle ondersteuners se trots as arrogansie sien. Dus het ek met een van die bekende figure in die Blou Bul kraal gekuier en ek dink julle almal sal hom herken.

Soos dinge maar loop toe wil hy natuurlik sien hoe lyk die hawe en ja, ook sommer in die proses ’n lyn in die water gooi. Wel hier sien julle die resultaat van die stryd tussen hom en die vangs in die Hawe.

Moedig geveg maar nie opgewasse nie

Moedig geveg maar nie opgewasse nie

Nou is al wat oorbly die voorbereiding van die dis vir Saterdag middag en lekker rugby kyk. Die keuse van tipe kos was toe glad nie so moeilik nie, eindelik was dit heel voor die hand liggend.

Wie het ooit kon dink dat Rugby en Oosterse kos so baie in gemeen het.

Wie het ooit kon dink dat Rugby en Oosterse kos so baie in gemeen het.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. Ridder, vir my is daar ‘n verskil tussen trots en arrogansie.

    Ek gaan beslis vir die Haaie skree.

  2. Ai Linda, ek is so jammer om van jou probleme te hoor… :mrgreen:

    /me luuuvv sushi… 😆

    GO BULLE!

  3. 😆 😆 😆
    Sal moet sien, Ridder, sal moet sien!!
    Me thinks thou protest too much!!

  4. Ek sien haar gaan Maandag baie mense huil oor die bulle!!

    GO SHARKS GO!!

  5. Thasia jy is heeltemal reg. 😕

    Al die Sharks supporters oor ons weer lelik was en die Beker Loftus toe bring. 👿 😛

    BULLE BO!!!!!!

  6. Go Bulle! :mrgreen:

  7. Ek dink WK is verkeerd die Sharks gaan beslis wen. Ek wonder hoe arogant gaan die Bulls ondersteuners wees wanneer hulle verloor. Gaan ons ‘n inskrywing sien oor die Sharks wanneer hulle wen?

  8. Nee, mense. Wees nou realisties. Hell will freeze over voor die Bulle die naweek wen. Regtig. Hulle probeer hard, ek erken dit, maar hulle gaan nie die pyp rook nie. Hulle ondersteuners probeer nog harder, maar ek vermoed dis omdat hulle diep, diep binne WEET dat NOU die enigste tyd is wat hulle kan ‘feesvier’. Volgende week gaan dit ‘n geween en gekners van tanne wees. Siestoggie. Dis hoekom ek maar die emails duld, en postings soos hierdie in goeie luim aanvaar. :mrgreen:

  9. Ai mensies, maak toe jul ogies en hoor die magtige dreuning!

    Dit is nie donderweer wat julle hoor nie, maar wel die BULLE wat op pad is na “The Last Outpost”.

    Wees bang, baie bang!

    Grootneus 😎

  10. 😆 Ek is versigtig optimisties. Jy’s heel matig Knight, maar van my mede-Bulle is wragtig baie arrogant. 😆

  11. WK ek het spesiaal vir julle Blou Bulle ‘n foto op my blog gaan sit – whhahahahahaha

    Liefdetjes
    xxxx

  12. Hello Thasia ek het gaan kyk daar

    Kan jy nou dit glo. Wat verwag jy in die nuwe Suid-Afrika. Die Blou Bul ondersteuner, kyk die blou fiets, stop vir koeldrank en daar steel die Shark supporter sy fiets, kyk net daai grys pak. 👿 Gelukkig het jy die foto as bewys.

    😆 😆 😆

    Groete

  13. Ons ouens van die WP gaan net lekker rugby kyk en die span ondersteun wat voorloop. Dit sal waarskynlik die Sharks wees.

  14. Attie, ek stem saam met jou. Ek gaan lekker rugby kyk sonder stres en vir die Sharks skree.

  15. Ag WK ons sharks is nie so skelm nie tsk!!

    Jis ek sien ek gaan baie maaikies maak hierso met al my mede Sharkies!!

    Liefdetjies
    xxxx

  16. As WP-ondersteuner sal ek maar die Sharks aanhits, enigiemand, sodra dit net nie die Bulle is nie….. 🙂

  17. Ek sal saam met my mede-kapenaars definitief eerder vir die Sharks skree. Stem saam jou koeksister, enige iemand, nettie die Bulle nie… 🙂

  18. Ai jai jai. Lyk vir my die Bulle speel die finaal teen die Sharks, Cheetahs, Leeus, WP en al die ander blerrie spul. 😆

    Welkom Attie en Koeksister, hoop julle geniet die kuier hier en ons sien julle weer. 🙂 Al is dit ook net om die Bulle om verskoning te vra. 😀

  19. Ha!, WK nou wonder julle hoekom is julle so onpopulêr tussen die “ander spul” 😉
    Dit is julle selfversekerdheid! >sug<

  20. Met rede, Koeksister, met rede mag ons maar selfverseker wees! 👿

    Grootneus 😎

  21. Ridder, as die Bulle verloor is dit ‘n goeie verskoning dat hulle teen al die ander spanne ook gespeel het. Hehehe.


Categories

%d bloggers like this: