Posted by: White Knight | Monday, 20 October, 2008

Wat krap jou?

Kyk ons almal ken die mees voor die hand liggende onderwerpe soos minibus taxi bestuurders, jy werk en ander kry die eer, die lys gaan aan en aan. Maar daar is ’n paar spesifieke onderwerpe wat my hele wese irriteer en omkrap.

Selfoon. (nog nooit iemand in ’n sel gesien met ’n foon nie):mrgreen:

Moenie as jy in ’n vergadering, toneel opvoering, konsert, kerk is jou vervlakste selfoon aan los nie. Sit die ding af, daar is mos ’n los boodskap opsie. Indien jy bestuur, moenie oor jou selfoon gesels as jy nie ’n hand vrye (is dit korrekte term), stelsel het nie. Jy ry soos jou agterent en stel my en jou eie lewens in gevaar.

Ry op die snelweg (kruip weg)

Die snelweg se spoed is nie minder as 40 nie en ook nie maar as 120 nie. Die 40 opsie is nie bedoel vir die regterbaan nie jou onnosel vent. Buitendien as jy dink jou motor spaar die meeste brandstof as jy 40 ry op die snelweg, gaan dink weer, jy het nie.

Ligte flikker

Daardie moroon wat so van agter gejaag kom terwyl jy by stadige motors verby gaan en dan vir jou ligte flikker om pad te gee, hulle is egter skaars verby jou dan kruip hulle stadig voort, jy dink die wag ’n bietjie resies is aan die gang. Natuurlik sal hulle in die proses probeer om sommer in jou bagasie bak te parkeer so naby is hulle aan jou.

Winkels en dinge

Die winkel trollie, wat sommer so dwars in die gang gelos word. Agge nee my magtig, as jy wil iets soek, doen dit, dis jou reg, maar “parkeer” dan jou trollie net uit die pad van ander en nie regoor die pakker se trollie nie.

Moet ook nie in die gang kuier met jou beste pel nie, gaan staan uit die pad uit, sodat ons kan verbykom.

 

Die winkels wat op die einde van die maand net die helfte van die kasregisters beman. Of anders die bordjie voor jou indruk as jy reeds in die ry staan en dan die kassiere sluit. Jou alie man, ek was reeds in die ry en as jy nie vir my ander kassier gee om my volgende te help nie, gaan jy bly tot ek klaar is.

Munt outomate.

Sekere munte werk nie in “vending” masjiene en parkering betalings punte nie. Kry ander, moenie die masjien se verf afskuur met die munte nie, dit werk nie, jy maak net die goed lelike lyk en dan moet ek volgende keer meer vir parkering betaal oor jy simpel was en die masjien vervang moet word.

Moet ook nie die masjien ruk en pluk nie, die ding nie nou skielik begin werk oor jy nie kan lees “buite werking” nie.

Kliënte diens

Indien jy nie voorraad in jou winkel of apteek het nie, bel my as jy sê jy sal sodra dit kom. Veral na jy die vorm wat ek moes invul gevat en in jou kantoor gebêre het. Anders as ek ’n later uitvind dit was al dieselfde dag afgelewer en jy het “vergeet”, vergeet maar my vêrdere ondersteuning ook.

Dit is natuurlik die ergste as jy ’n siek kind het en die apteker wil jou bel as die goed inkom. Luister lees my lippe, of nee liewers nie, gee net die voorskrif dat ek ’n ander apteek soek wat wil help.

Krap, karring en skinder

As jy nou regtig jou naam in die boek van die pes wil opgeteken sien, dan moet jy jouself met die tipe van ding besig hou. Ek verafsku mense wat hulle lewe deur net loop en ander beskinder en soek waaroor hulle nou weer kan kekkel en kwaak. Jy is in my oë deel van die skuim van die aarde. Jou maniese beheptheid met ander mense se doen en late is die simptome van ’n siek brein en bankrot lewe. Hierdie “Hollywood” paparazzi tipe van verslaggewing en inligting bekend stel, maak my naar. Ek huur sommer vir Luke Watson dat hy op julle groen innerlike kan “kots” en nee, Valoids gaan nie help nie, verwyder jouself voor my aangesig.

Moet ook nie eers probeer om vir my te vertel dat dit is jou morele plig en die mense moet die dinge weet nie. Twak, as die persoon wat verkeerd is ‘n wet oortree het, gaan lê ’n klag by die Polisie en getuig dan teen die persoon in die hof, as jy dit sien gebeur het of die bewyse het, vêrder skoert. Jy gaan ook nie jou probeer verontskuldig met, “Moenie die boodskapper skiet nie, ek het niks verkeerd gedoen nie”, jy het en jy is walglik, wyk “satan”.👿😈

Parkering vir Gestremdes

Die “ultimate” van moer koer sake, stop met jou motor op ’n “disabled” parkering. Jy ruk my moer meter ten minste, maksimum revolusies net met die sien van dit. Dan klim jy nogal met jou netjiese hakskoene daar uit en trippel winkel toe. Jammer vir jou maar blond is nie “disabled” nie, in elke geval nie fisies nie.

Net om dan, as ek uit die winkel kom, te moet sien ’n Ma sukkel om haar kind uit die motor te laai. Omdat die gewone parkering te nou is, en sy rolstoel nie langs die motor kan staan nie. Net oor jy op die plek waar hulle moes wees parkeer het.

Ek sal jou verseker voor almal aanspreek en dan boonop soek vir die naaste persoon wat jou kan beboet of jou motor se wiel klamp. Wees gewaarsku.😕

Maar ja, ek glo daar is nog baie meer wat julle ook krap. Laat ons hoor dalk is ek skuldig aan ’n doring in een van julle se vlees.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆

 


Responses

  1. Ditsem. Sê jou sê – ek hou veral van die gestremde parkering stukkie. Ek gooi lieflike tantrums ten aanskoue van almal wat wil luister. Well done.

  2. Ek het vanmiddag toe ek van die bank af kom gesien hoe ‘n ou se Tazz hier by UCT geklamp word oor hy in ‘n disabled spot gestaan het. Terwyl hulle die kar klamp stop ‘n ignorant wetter langs hulle in die ander disabled parking spot, klim uit en stap weg.

    Die beamptes kon hulle oe nie glo nie! Soos blits is sy kar ook geklamp…nog voor die ou die ingangsportaal van die gebou kon haal LMGA!!!:mrgreen:

  3. Definitief nie ‘n doring in MY vlees nie😉😆
    Ek verpes ook al die bogenoemdes, PLUS natuurlik meeste van alles arrogansie, onvergewensgesindheid, beterweterigheid EN ONS leierskap.
    O en die onvermoë van ons as Afrikaners om saam te staan.
    Is my lysie langer as joune?

  4. Ek like ook nie die dinge wat jy noem nie Wk maar jy het iets gemis……. Die Blou Bulle!! se arrogansie lol😀

    Daar is baie dinge wat my ook die josie in maak maar ek dink jy het dit mooi saamgevat!!

    Liefdetjies
    xxxx

  5. Ridder, die meeste irritasies op jou lys wat krap is maar hier by my ook van toepassing – ek wil egter net die kwessie van Afrika-tyd byvoeg. Kyk ons almal weet dat die verkeer op ons paaie soggens en saans een groot nagmerrie is maar daar is van die comrades wat werklik die situasie uitbyt. As ek voorsiening kan maak om vroeg op te staan om teen 05h30 uit Pretoria te kan vertrek om betyds in JHB te wees vir ‘n afspraak om 08h00 dan kan hulle dit ook doen – maar nee, in sekere gevalle word die vergadering nog vertraag om hulle te akkommodeer as gevolg van die sogenoemde “verkeer” situasie. Snert! Ons is mos nou al lank gewoond aan die omstandighede en moet voorsiening daarvoor maak – dis geen verskoning meer vir my nie.

    En dan net my beskeie mening/siening oor die irritasie “ KRAP, KARRING EN SKINDER”:

    “Moet nie die Boodskapper skiet nie” – mens hoor die stelling nogal baie in die laaste tyd en dan wonder ek of die “Boodskapper” werklik so onnosel is om nie te verstaan waarmee hy/sy besig is nie. Skinder en Kwaadpraat is seker een van die mees laakbare eienskappe wat die mens kan uitoefen – maar is beslis die een wat ek die meeste verafsku omdat dit nie by mense hoort wat hulle as Christene ag nie. Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie. En dit maak veral baie seer as mense agter jou rug praat. Die Bybel (ek dink dit was Paulus) stel mense gelyk aan moordenaars, boosdoeners en Godloënaars wie “SKINDER EN KWAAD PRAAT”. Skinderbekke en kwaadpraters versprei stories en gerugte wat ander mense onsettend kan benadeel. Hulle sal ander mense nie doelbewus in die straat doodry nie, maar hulle pleeg wel karaktermoord deur dit wat hulle sê en/of aan deelneem – Dit maak dit die “BOODSKAPPER/MESSENGER” net so skuldig. Ek ondersteun jou stelling dus 100% wat dit aanbetref.

    Verder vra ek myself die vraag – is dit iemand wat weet wat “opregte liefde” is wat so optree d.w.s skinder en kwaadpraat – iemand wat hulle skuldig maak aan hierdie tipe gedrag het nog nie ingesien hoe inkonsekwent die optrede is nie – iemand wat weet wat “opregte liefde” is sal nie ander mense beskinder nie.

    Sjoe- sien nou eers hoe lank die kommentaar is – skuus maar ek moes my sê ook inkry.

  6. Is dit hier waar julle wegkruip?😉

    Stem saam met al die frustrasies. Het juis die afgelope paar dae die frustrasie van swak diens beleef.🙄

  7. Knight ek en jy is vanoggend min of meer op dieselfde golflengte! 😆

    Al hierdie dinge wat jy hier noem kan my ook laat tantrums gooi!

    Arrogansie laat my mure uitklim, want dit is waar al die probleme ontstaan!

  8. Wit Ridder,

    baie mooi opgesom!

    En Masharona, ek stem 110% saam met jou oor die geskinder en kwaadpraat.
    Verseker sal die wat daaraan skuldig is, se dag aanbreek.

    Grootneus🙂

  9. Thasia, ek is 100 % met jou oor die arrogansie van die pestelike Blou Bulle… 😆

  10. Dankie boendoe – GO SHARKS GO!!!😛

  11. Hello Almal

    As ek na julle uitsprake hier kyk dan voel ek beter, het gedink ek is besig om dit te verloor.😉

    Sharona / Arabier
    Afrika tyd en skinner is defnitief hoog op die lys van frustrasie skeppers.🙄

    Sapphire Gem
    Welkom hier, hoop die probleme is nou darem uit gesorteer.😕

    Sammi
    Die lys is maar die enkeles, maar ja die wat jy noem het ook ‘n groot invloed op ‘n mens.😉

    Thasia & Boendoe
    Skryf elkeen van julle ‘n duisend maal uit: Die Bulle is die Beste!.😛😆

  12. Knight – you go jy raak sommer aan ‘n klop van my eie frustrasies so al wat ek vir jou kan se is: Mooi so, dis hoog tyd dat ons onse bekke rek!😉

  13. Ridder, jy raak aan die goed wat die living daylight uit my irriteer.

    Thasia en Boendoe, julle het so pas ‘n ekstra maatjie ryker geword.

  14. Ek sal dit ook sommer uitskryf, net omdat ek kan.
    En dit so lekker op die tong val!

    DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE!

    VERMENIGVULDIG MET 1 000 000

    Ek dink julle kry die idee.

    En dit was nie eers ‘n straf nie!

    BULLE BOOOOOOOOOO!!!!!

    Grootneus🙂

  15. Jis Arabier vir ‘n swak span is jy nogal ywerig hoor!!!!

    WK ek streak eerder voor ek dit uitskryf😛

    Liefdetjies
    xxxx

  16. OK, hier is die “deal”:

    Jy “streak” en ek sal jou straf vir jou doen? 😆

    Grootneus🙂

  17. 😆
    Thasia pasop vir Arabier en sy kameel 😉

  18. Sammi,

    korreksie!

    KAMELE

    ‘n Paar karavane!😛

    Grootneus🙂

  19. Lol @ Arabier!😆

  20. Arme Linda, dat jy nou openlik van een verloor span WP na ‘n ander oorloop Sharks. Jy kry ook jou bokse tissues op special by die res van die wat teen die Bulle verloor het 🙄

    Arabier
    Seker almal Blou Kamele😉

    Dellie
    Sien jy ken ‘n wenspan.😆

    Groete

  21. Jy weet dan Ridder!

    En hulle sing Liefling uit volle bors! Al is dit met ‘n Arabiese aksent, maar darem.

    Grootneus🙂

  22. Hallo White Knight. Sjoe, dat ek jou moet raaklees waar jy so kwaai is. 😉 Mens moet afblaas voor jy opblaas. En presies hier is dit die beste plek om te doen. Emma.

  23. 😆 Arabier jou kamele is okei dan😎

    Welkom Emma Dixon
    Hoop jy kuier lekker saam ons hier.🙂

  24. Arabier, lyk asof jy nogal die bloubulle ondersteun.

    Ridder, jy sal maar hierdie pos bo moet hou tot Saterdagmiddag. Linda en ek hou van Percy.😛

  25. Sammi, wat gee jou daardie idee?
    😉

    Grootneus😎

  26. 😆
    Arabier, het seker verkeerd gelees. 😉

    Wat op aarde doen jy nog daar tussen die kamele en karavane? Het gedink jy sal LANKAL terugwees?

  27. Ek was AMPER op pad! Het al huisie kom koop in SA. En…… :blush: :blush:

    En toe gebeur die dinge wat gebeur het met mStoeltjie en die rand val en val nog steeds.
    Besluit toe maar om nog so rukkie euro’s te verdien!
    Ek weet nie, ek is regtig in twee gedeel.
    Wag nog op antwoorde.
    Miskien volgende jaar.

    Grootneus😎

  28. Ons het jou HIER nodig, man! Klim op een van daardie baie kamele (kies ‘n swart een :mrgreen: ) Kry koers, bring jou euros en kom groei kos of watookal maar kom help om dinge hier reg te ruk. Ons het jou NODIG! Waar is jou huisie?

  29. Staan by.

    Arabier word dalk gouer weer Boerseun as wat jy kan sê: Die ANC skeur!😈

    In die ooste van Pretoria.

    Dink ernstig daaraan om ‘n watersuiweringswerke oop te maak. Ek verstaan die kwaliteit van jul drinkwater is nie wat dit was in die sogenaamde “bose” jare nie?

    Ek moet eers nog baie slapies slaap en seker maak van die skuif.
    My hart praat egter hard en hoorbaar met my.

    grootneus😎

  30. Nou ja toe😀
    Dis waaroor dit moet gaan, luister na jou hart!
    Watersuiwering SAL goed werk EN kragopwekking EN EN EN! Kom terug huis toe!

    Lekker doeks, julle!

  31. Arabier ekke ken nie vi jou nie maar as ek so na die span kyk wat jy ondersteun dan wonner ek maar net – lol!!

    Gaan kyk op my blog hoe ek julle Blou Bulle sien lol

    Liefdetjies
    xxxx

  32. Thasia, ek sal daar gaan loer, maar as dit wolhaarstories is, moet jy maar die kommentaar aanvaar!

    Staan ons ‘deal’?👿

    Grootneus😎

  33. Ridder, ek sal daardie tissues wat ek op special gekry het, vir die Bloubul-ondersteuners uitdeel want julle gaan dit sooo nodig kry.

    Sammi, jy is darem ‘n doring!!

  34. Klientediens is ‘n mite, WK, ‘n friekin mite.

    Daar gaan deesdae min dae verby wat mens nie oor diens of ‘n produk moet baklei nie.

    Dit is om van gek te word.

    En met al die baklei, boet ons van ons menswees in.

    Masharona, jou opstel kan ek woord vir woord beaam.

    En Arabier, jou comment net daar na wil ek onderstreep. Gewoonlik kry diesulkes dit nog met rente ook terug, en dan het hulle gerieflikheidshalwe vergeet van hulle rugstekery, opstokery en kwaadpratery. Heel verbaas oor die creppie kaart wat die lewe hulle skielik deal.

    Maar sorry Arabier, die res van jou comments, daardie met die ou bulle storie, steek die WP ondersteuner, erg dwars in die krop🙂

    So, ons see’naars ondersteun die naweek maar die ander see’naars.

    Na die naweek lui dit: Haaie het die beker, WP het vir Luke (shame) en wat het die bulle? Elkeen ‘n copy van SH se biografie!

    Ek’s maar net jaloers oor ons nie die vuur het om tot by die final te kom nie, nou krap ek maar bietjie.

    Don’t shoot the messenger, ‘coz she’s already left the building…

  35. Ridder jy skryf oor al die goed wat my ook pla en dan is daar die mense wat in hysbakke en ander deure staan en gesels!!!! dit skiet my metertjie op.

  36. n Boeing 747 het mos oor my man gery so 3 jaar terug en toe het hy sy been on die knieg verloor en is ook blind agv die ongeluk, so meeste van die tye as hy saam gaan winkels toe dan stop ek maar op die rolstoel parkering ek het ook die sticker op. Maar die meeste van die tye is dit beset deur mense wat nie disabled is nie, juis so 2 naweke terug gaan ons sentrum toe en op die rolstoel parkering staan daar n swarte met sy polo en hy stap toe in die sentrum ek vra toe die karwag hoekom laat jy dit toe, hy antwoord daai een in die polo het vir hom gese dis nie ou parking nie ek stop waar ek wil DIT MAAK MY BRIESEND!
    Dis soms moeilik in n gewone parkering omdat ons die deur wyd moet oopmaak vir my man.


Categories

%d bloggers like this: