Posted by: White Knight | Saturday, 18 October, 2008

Dinge vlot nie.

Almal het een of ander tyd iets wat nie verloop het soos beplan nie. Nou verwys ek nie na die daaglikse dinge soos jou werk, kinders se skool ens. Wat hierdie storie laat ontstaan het, is daardie hoogte punte in mense se lewens wat verkeerd loop. Hetsy dit nou ‘n spesiale verjaarsdag partytjie, matriek afskeid, troue, wat ook al, jy noem dit en daar sal iemand wees om ‘n staaltjie te vertel.

Weet julle ek het al geluister as mense gesels oor die tipe van ding en aan die eenkant is dit soms hartseer juis oor die betrokke persone se droom aan skerwe is, maar vir ander is dit komiese oomblikke en onuitputlike bronne van herinneringe.

Daar gaan ure, dae en soms selfs maande se beplanning en organisasie in sommige van die geleenthede maar die geringste gebeurlikheid maak dat dinge heeltemal skeefloop en dan is dit alles verniet.

Die Paartjie wat besig is om foto’s te laat neem op die troudag en so met die bome en blomme saam hak die rok vas en skeur flenters. Ander keer ’n bruidegom wie se broek al op die naat skeur as hy buk om iets op te tel en dit vyf minute voor hy in die kerk moet inloop. 😛

Die hond wat die bruid so lief voor is, moet die ringe inbring, dit word op die hond se rug vas gemaak en hy sal mos reguit tot by haar loop en dan haal hulle dit af. Nee hoor, jy het vergeet van Pa se simpel sussie wat gaan opspring en die oulike hond wil afneem. Hond skrik en hol by die kerk uit, buite rol hy in die gras en gister se reën modder met jou ringe. 😥

Die paartjie wie se een oom die oulikste veteraan motor het en hulle gaan die vir ‘n troukar gebruik. Ja wel die mense wag en wag en die bruid is laat, want sien die oulike ou karretjie wil by die een stop straat nie weer in rat nie. Die oom het vergeet om vir die bestuurder te vertel dat die skakels al so “effe” geslyt is en dan moet jy onder die enjin kap die storie met die hand losmaak. Toe daag sy maar in die buurman se vuil Ford op wat toevallig daar verby gery het.

Matriek afskeid, word dit ooit nog so genoem? Hulle het staaltjies van hul eie. Sien ma se vriendin maak die oulikste klere, vir poppe ja, en sy het toe Jacoba nog in sub A was gesê sy sal haar afskeid se rok maak. Die is natuurlik ’n verassing en Jacoba sal hom eers sien as sy die middag aantrek vir haar groot aand. Jy sal verstom wees oor die wonderlike rok my kind. Willempie sit al in die sitkamer toe Jacoba eers die rok sien en ja wat ’n asemrowende skepping, veral as jy die hoofrol gaan speel in Elizabeth Queen of England weergawe 1714. Net jammer dis nou al 2008. 😕

Dan natuurlik weer die motor vir die afskeid, wat ’n ramp. Sien oom Daan het weer vergeet dat jy die Mercedes sou leen, toe besluit hy hulle ry sommer twee dae vroeër op verlof. Jy vind dit eers uit as julle voor dooie mans deur opdaag om die motor te gaan haal vir was en skoonmaak voor die groot aand.

Daardie spesiale verjaarsdag partytjie wat jy as ’n verassing vir liefie reël maar iewers raak julle dinge ietwat uit lyn en daar staan jy met al die gaste en jammer maar liefie is dringend saam die baas weg vir die dag en hulle sal eers laat vanaand terug wees, bygesê as die weer nie versleg en die vlug vertraag word nie.

Die een waar die hele klomp beplan aan die geheime “bachelors” partytjie van die jaar. Net sodat een van die vriende vir die aanstaande bruidegom vra hoe laat moet hulle vanaand by die plek wees. 👿

Ek kan seker skryf tot daar boeke vol is, maar wat het julle en die familie al oorgekom. Deel dit met ons ander, dit kan dalk terapeuties wees om daaroor te praat. 😀 😉

Net so terloops, die bruidegom met die broeknaat wat gekeur het, hmm ja, dit was die Uwe. 😳

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. BWhahahah haha haha haha Riddder – en wat het jy toe gedoen om die broeknaat herstel te kry? – het Mev Dominee darem ‘n noodhulp naaldwerk kassie daar iewers in die kerk byderhand gehad – of ‘n stapler?

  2. Ja Knight ek wil ook die res van die broeknaat storie hoor! 😆

  3. Julle is gans en al te nuuskierig. 😕

    Die hele sakie was baie maklik, die Tux se baadjie was lank en as ek staan het niks gewys nie. 😛

    Die kere wat ek moes buk het ek maar die “ou tannie met die seer ruggie” manier gevolg en my kniee geknak en siedaar niemand sien of weet iets nie. 💡

    Glad nie daai aand my baadjie uit getrek voor alles verby was nie. 🙄 😆

  4. My troukoek is 5 ure voor my troue opgeeet deur die vrou se boerboel ek nogal gedink dis n moerse snaaks 😀 die vrou moes maar ander bak was immers haar hond! Liefdetjies xxx

  5. Hi da, Knight, lanklaas gepraat. Oulike plekkie wat jy hier het.
    Hmm, by my troue het ok maar “broekskeur en laatkom gegaan. Gelukkig het mannetjie ok lekker lang baadjie aangehad en ja…hy was laat vir ons troue (he-he).
    Met ‘n helse donderstorm wat uitgebars het, het die weerlig, op die oomblik wat ons uitstap as man en vrou, die kerkklok raak geslaan!!! Wat toe amper in pandemonium uitgebars het, gie-gie. Almal het agterna gese dit is ‘n teken van geluk.
    Noodeloos om te se – ons is hierdie jaar al 18 jaar getroud, niks kom ons afsit nie.
    Jammer vir die lange pos. 🙂
    Groete

  6. Hallo Monna

    Baie welkom hier in die waters van die Hawe 🙂

    Dit doen goed om julle almal hier te sien invaar so met die tyd. Baie geluk met daai prestasie van ‘n lang en gelukkige huwelik.

    Hoop ons sien jou gereeld hier. 😉

    Groete


Categories

%d bloggers like this: