Posted by: White Knight | Tuesday, 14 October, 2008

Sport, Nuus gebeure en musiek.

Sport

Cape Oddessey race

Daar is dinge wat mense doen en aan deelneem wat my soms laat wonder. In die moderne era van die motor is daar nog steeds mense wat verkies om te hardloop. Hulle hardloop nie weg vir ’n skelm of ’n brand nie, nog minder net gou kafee toe. Nee hulle hol sommer van dorp tot dorp, of dan soos die Cape Oddessey wedloop vir vyf dae aaneen deur wingerde, bosse en riviere. Lees meer hier.

Atlete neem deel aan die wedloop in spanne van twee lede per span. Die verskillende spanne wat bestaan uit of twee mans, vroue of gemengde spanne, met ’n man en vrou, moet ten alle tye binne twee minute van mekaar hardloop op enige gegewe tydstip ander word “straftyd” aan hulle toegeken.

Net om ’n idee te kry van die wedloop is die onderskeie dae se roetes ingesluit hier onder.

08 October 2008: Stage 1 – 28km
Hermanus (S34 25.220 E19 14.594) to Kleinmond (S34 20.439 E19 02.177)
Start: 12h00  Cut-off: 17h00

09 October 2008: Stage 2 – 57km
Kleinmond (S34 20.439 E19 02.177) to Paul Cluver Wine Estate (S34 10.098 E19 05.042)
Start: 07h00  Cut-off: 16h30

10 October 2008: Stage 3 – 42km
Paul Cluver Wine Estate (S34 10.098 E19 05.042) to Grabouw (S34 07.705 E19 01.439)
Start: 07h00  Cut-off: 15h30

11 October 2008: Stage 4 – 44km
Grabouw (S34 07.705 E19 01.439) to Franschhoek (Start S33 54.830 E19 07.416)
Start: 07h00  Cut-off: 15h30

12 October 2008: Stage 5 – 31km
Franschhoek (Start S33 54.830 E19 07.416) to Boschendal  (S33 52.516 E18 58.501)
Start: 08h00  Cut-off: 13h30

Baie beslis nie ’n wedloop wat jy net op ’n dag besluit jy wil doen en daar gaan jy nie. Jou inskrywing word slegs aanvaar as jy ’n mediese sertifikaat inhandig wat jou gesondheid en fiksheid bevestig om te kan deelneem. Definitief nie ’n knoffel en beet sertifikaat nie. 👿

Die wenners van elke kategorie word dan bepaal deur die algehele tyd van elke span soos aan die einde van die vyfde en laaste skof. Die 2008 wedloop wat Sondag 12 Oktober geëindig het se uitslae lyk dus as volg.

Algehele wenners in elke kategorie:
Mans ~
Mr Price  (16.47.51) – Jacques & Mauritz Jansen van Rensburg

Gemengde Spanne ~ The Pefect Storm (18.42.10) – Dirk Cloete & Heleen Joubert

Dames ~ Salomon Pro Ladies (20.38.46) – Linda Doke & Karoline Hanks

Meesters ~ Montrail/Capestorm 1(20.52.21) – Ian Little & Viv Williams

Wat egter merkwaardig is, is die tyd en algehele plek wat behaal is deur die span The Pefect Storm (18.42.10) – Dirk Cloete & Heleen Joubert as gemengde span. Hulle het algeheel vyfde geëindig , dus was daar net vier mans spanne voor hulle, waarvan die eerste drie professionele spanne is. Dit beteken dat Heleen Joubert, ’n amateur atleet, die eerste vrou oor die wenstreep was. Die volgende gemengde span was ongeveer veertig minute na hulle en die eerste vroue span eers twee ure later.

Welgedaan aan Dirk en Heleen. Wat is volgende? 😕

Swaargewig Boks

Na ’n aanvanklike uitrede en “rustyd van vierjaar” het Vitali Klitschko natuurlik die naweek geskiedenis gemaak toe hy Sam Peter verslaan het vir die (WBC) titel. Dit beteken dat die twee broers Vitali (WBC) en Wladimir Klitschko (IBF & WBO) nou die houers van drie van die onderskeie swaargewig boks titels is. Die Rus Nicolay Valuev (WBA) titel staan tans tussen die Klitschko broers en hulle droom om al die verskillende organisasies se kampioenskaps belde in hul trofee kas saam te voeg.

Vitali ’n voormalige Wêreld Amateur Boks Kampioenskaps, Silwer medalje wenner in 1995 en Wladimir Olimpiese goue medalje wenner in 1996 is beslis nie enige een se hierjy nie.

Die alfabet sop van Wêreld Boks Organisasies het natuurlik nou net een vraag. Wie van die Klitschko broers gaan eerste wees om die sewe voet Rus aan te durf vir die laaste van die erkende titels?

Al wat ek weet is dat boks jou laat bloei en moeilik genees. 😉

Rugby

Rugby het natuurlik ’n nuwe punt van bespreking die afgelope tyd. Is die dae van Luke Watson en sy Buikspreker pop Cheeky getel? Ons sal maar moet kyk wat die uitkoms van die nuut aangestelde kommissie van ondersoek is. 👿

Op die nuus front

Kaapstad. – Me. Helen Zille, burgemeester van Kaapstad, is aangewys as die wêreld se voorste burgemeester in 2008. Lees berig hier.

Baie geluk aan haar, en soos sy dit stel die hele span, op kantoor en by die huis wat dit moontlik gemaak het. Laat jou amper begin dink daar is nog hoop vir ons land. Natuurlik net moontlik as die mense dit waarvoor hulle verkies is, loop doen. In plaas van om net te kyk hoe ryk kan ons word uit die belasting betalers se geld. Wens Pretoria se burgemeester en al die ander wil by Helen Zille loop leer om dinge reg te doen.

ANC skors Lekota.

Die ANC het gister sy voet neergesit en die rebelleleiers mnre. Mosiuoa Lekota en Mluleki George summier uit die party geskors. Lees berig hier.

Ja, eers was ek en my pelle die baas en julle mag nie kritiek gelewer het nie. Nou is julle spul muiters die baas en ek word geskors oor ek julle kritiseer?

Die manne en vroue van die ANC klou verbete aan die verenigde front wat hulle probeer voorhou kort voor die volgende verkiesing. Gaan dit hou of sal die ANC binnekort staan vir “Another New Company” wat wegbreek. Die ANC “egskeiding” aksie begin al meer lyk na onafwendbaar. Die vraag is egter wie gaan almal bly en wie gaan ry? Dit alleen sal bepaal hoe suksesvol so wegbreek party sal wees teen die huidige ANC. Sal maar kyk wat gebeur.

Dit bring my by ’n volgende punt van kritiek

Groete aan die mense, word gekritiseer as dat daar teen sekere groepe sou diskrimineer word. Ek wil dit net hiermee onomwonde stel dat ek dit nie doen nie. Hoe kan ek ‘n kameel stal en ’n seiljag saam sit. Die son gaan mos die seiljag stukkend brand op die sand en dit sal die kamele verwar om te dink hulle is by die see en dan nie genoeg water drink nie. EK red dus die enviroment so. 😆

Musiek op ’n ander noot

By een van die sielkundige inrigtings verskyn ’n pasiënt voor die raad om te bepaal of daar genoegsaam herstel is om sodoende te kan terugkeer na die “normale” lewe.

Die raad het die pasiënt verskeie take laat verrig en hy slaag dit met vlieënde vaandels. Die laaste toets is egter foto’s wat verskillende situasies uitbeeld en hy word gevra om elke keer te sê wat die eerste gedagte is wat by hom opkom.

Sy antwoord is elke keer musiek.

Dit word aanvaar met ’n kort verduideliking van sy kant. Die laaste foto’s is egter van vroue wat van voor en agter afgeneem is en hy antwoord weer musiek, maar hier krap die Sielkundiges kop en vra hoe bring hy, die vroue se foto’s en musiek bymekaar?

Sy antwoord is toe – Dis maklik, Bam tietie bam tietie bam tietie bam…… 😳

Hoe koes ek nou. 😉

Groete van huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Ridder
    Dankie vir ‘n glimlag in ‘n donker dag.
    Groetnis

  2. Ridder baie dankie vir ‘n veelsydige post. Het dit baie geniet.

  3. Ridder,
    jy het mooi uit die een gekom! Heel diplomaties. 😆

    Jy dink nie dalk om die politiek te betree nie?
    Daar is so paar poste oop. 😉

    Grootneus 🙂

  4. Snaakse mense die hardlopers. Vat nou saterdag, ek staan en wiel natmaak by my taxi toe 2 verby kom. Ek groet beleef, hulle se niks. Later in die dorp kom die voor verby. Ek skree : “Hy jaag jou nie meer nie”. Hy skud net sy kop. Snaakse mense.

  5. Fokkit jy gaan maak dat ek nie meer Beeld of Rapport lees nie. Maar ja dankie ek het gewonder wie die boks gewen het.Lyk my die whities begin die botoon voer in swaargewig boks.

    Ja in Centurion sien ek mense draf in 32 grade dis flippen crazy.

    Soos Arabier se skryf iets waaroor ons jou kan garra en stukkend redeneer.

  6. Howzit Arabier!

  7. Arabier – NEE! as jy dink WK het heel diplomaties uit hierdie een by my gekom – maak jy ‘n GROOT fout – jy weet mos ons (ekke en jy) kom uit die Springbokvlakte en die Waterberge – hy is net besig om uit ons databasis so bietjie te “tap” – maar ek gun hom dit ( nie ‘n slegte siel nie) – hy moet maar net weet as ons “ernstig” raak gaan hy beslis tweede kom.

  8. More
    Dit wys net van watter staal Helen Zille aanmekaar gesit is om te midde van die politiese gevegte dat sy nogsteeds kon konsentreer op die werk. Instede van in the ANC FOR the ANC, to heck with the people. So die buitewereld is nie heeltemal blind nie.
    Is Lekota geskors of “suspend”?

  9. Baie welkom eerstens aan Passenger13. Jou kommentaar is skreeu snaaks gewees. Hoop daai Taxi kom gereeld hier draai vir ‘n bene rek en saam gesels.

    Arabier, jy wil maak dat die mense nooit weer stem as ek begin politiek nie. 😉

    Masharona, julle mag dalk die slimmer groep wees maar ek is “streetwise”. 😆

    Brein, nou watter onderwerp sal dit vir jou doen? Iets oor “The mighty Blue Bulls” 😈

    Sammie, as ek reg is, beteken geskors in afrikaans, suspend in engels. Maar as ek verkeerd is, let wel as 🙄 vra ek omverskoning. 😉

    Ingrid, dis die doel van die hawe. 😳

    Linda, die hawe hoof probeer ook maar al is hy nie baie “bright” nie. 💡

  10. Nee White Knight “Sex in the city”!!

  11. Thasia wonner hoekom word sy nie ook welkom geheet nie tsk!!

    Nee wat WK pass maar die hardloop vir my seekoei le eerder net in die water!!

    Nice Blog!!

    Liefdetjies
    xxxx

  12. Ag Ridder
    Makie sakie – dis net goed om te sien dat die dinge nou uitkom – hoog tyd, ook!

  13. Welkom Thasia, bring jy die bosveld hiernatoe?

    Brein, enige onder werp is seker vir jou reg solank dit net die woord “sex” bevat. 😆

    Sammie, trek net jou been. 😉

  14. Gister toe sê die buur-oom dat hy nou ouetehuis toe trek want daar is meer seks. Ek staan en vergaap my aan hom en toe verduidelik hy as volg:

    S = Sit
    E = Eet
    K = K@k
    S = Slaap

    Klassiek hoe humoristies “ou” mensies partykeer kan wees.


Categories

%d bloggers like this: