Posted by: White Knight | Monday, 13 October, 2008

Die dinge van mense en ander ……

Currie beker

Kan een mense so moeg wees na ’n naweek. Wel dis seker wat gebeur as jou nagrus al vir twee nagte versteur word deur een hengse lawaai. Die geween, kreune en uitroepe van smart uit ’n Suidelike rigting van anderkant die Jukskei rivier is onhoudbaar. Die arme Cheetah en Leeu ondersteuners is erg getraumatiseerd.😈😉

Haaie sien julle in die finaal en daarna sal julle seker ook kan sê julle het die kampioene verloor.😆

BlOU BULLE BO!!!!!!!!!

 

Blog dinge

 

Die blog sfeer gons oor deelname en metodes van deelname aan organisasies wat dit verdien. My eerlike opinie is neem deel waar jou hart is en basta met die res. As jy Missing Children, KANSA, SPCA, ens. wil ondersteun, doen dit met alles wat jy in jou het.

Maar moenie vir my vies wees as ek voel dat sommige deelname eers vereis dat ek deur ’n “mynveld” moet loop om daar uit te kom nie.😕

 

Die Luke Watson sage

 

As jy die hand wil byt wat jou voer is dit seker maar reg so.

 

Soos Mike v.d. Bergh een aand vertel het. Daar was ’n vergadering in Pretoria om ’n mosie van wantroue in te stel teen ou Eerste Minister John Voster. Die aand stem net een persoon vir die mosie en die res stem vir ’n mosie van vertroue in die Eerste minister. Met sy toespraak na die stemmery raak die Eerste Minister toe die volgende kwyt. “Ware voorbeeld van demokrasie is, dat al is daar ’n groot groep byeen, het een persoon nog die reg het om ’n aap van homself te maak.👿

Wel Luke Watson, jy is en bly maar onnosel en jou assosiasies help nie veel om jou rugby beter te maak nie. Hoop egter die ander rugby spelers duik die wit waks uit jou uit. Loop speel liewers vir Zimbabwe as jy so erg voel oor die Springbok. Sal maar sien of  Pappie Watson namens jou kommentaar lewer hier.😡

 

Bloggers

 

Baie dankie vir die bekende “ou” bloggers wat al hier kom kuier het, dit word waardeer. Arabier; Sharona; Dellie; Wipneus; Sigeuner; Bierpens; Ingrid; 007Meisie; IdaJvR, Linda…en al die ander, om maar net ’n paar te noem, hoop ons kuier nog ’n lang tyd saam en dat baie van die ander ook weer sal begin.🙄😉

 

Almal is hier welkom en Sigeuner hoef nie bang te wees dat dinge te feitlik raak nie. Sy sal verbaas wees hoeveel Die Hawe Hoof kan “stir” en nonsens praat en hy drink nie eers nie.😳

 

Groete van huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆


Responses

  1. Wil jy nou meer? Hier lees ek sowaar eerste!

    Ek het nou lekker gelag vir Voster se wysheid😆

  2. Blou Bulle bo!!!

    Ons kuier te lekker hier! 🙂

  3. Dankie vir die verwelkoming Ridder.

    Ek is nie ‘n Shark of ‘n Bloubul nie en noudat my span uit is sal ek maar my ondersteuning aan die Sharks gee.

  4. …en hy trap my uit omdat ek stir…sies skaam jou ridder! Jou uitrusting se skarniere gaan roes en jou perd gaan atoom begin poep!😛

  5. Ja sal sekerlik nog vir lank kom kuier. Lekker dag vir almal van julle wat hier lees.

  6. Ridder, gelukkig is daar hulpmiddels soos Q20 en 3 in One Olie wat help vir die skarniere as hulle gaan roes – maar wragtig iemand anders sal moet raad gee vir die perd wat atoom poep want daarvoor het ek geen raad beskikbaar nie. 🙂

  7. Wat is atoom poep?🙂

  8. lol @ Rosa!😆

    Ai ja, die Bulle het beslis nie teleurgestel nie. En jy moet weet, ons is maar in die minderheid hier in die Vrystaat, so ons velle is nog dikker as gewoonlik…😉 Kan nie wag vir die Shark Sushi nie…

  9. Ek het my varkhok afgestof en toe lyk dit vir my nes ‘n pandok…en toe ek die varkmis in die hoek voor die deur wegry met die kruiwa en terugkom lyk dit wragtie nes ‘n paleis en toe ek my rug draai is dit net water en skielik dobber ek op ‘n 220ft catamaran huis seiljag…so ridder nou gaan jy nuwe woning vir my moet verklaar want dis nie ‘n paleis, pandok of varkhok nie😛

    Dellie – uhm kan ons maar op Maandag aande of Dinsdag oggende ook koekies kry? Ek lus ietsie om te knibbel…

  10. Goeienaand maters van Wit Ridder se ronde tafel.

    Dit is sooooooo lekker om almal van julle weer raak te lees! Hopelik kom meer en meer bekendes aan sit.

    BLOU BULLE BO!!!!

    En Ridder, ek wil dit kategories stel dat ek voel daar word teen my gediskrimineer. En ek sal nie my Pa kry om as woordvoerder op te tree nie.😉

    WAT HET GEWORD VAN DIE SANDPUT IN JOU SLOTREDE?

    Grootneus🙂

  11. aah die kameel man…gaaf om jou weer raak te lees! Ek het ‘n rekening om te vereffe…in due time🙂

  12. White Knight

    Ja… ek dink dit is tyd ou Bierpens dinge met missing children in perspektief moet bring.

    Ek sal bietjie gaan huiswerk doen. Daar is ID Kitts wat ons vir ons kinders/kleinkinders kan koop of liewer moet koop.

    Daar is Provinsies wat hande nodig het met die plakate en intergrasie…

    Ek sal kyk of ek vir Woensdag iets bymekaar kan flance…

  13. Rosa – Atoompoep is as 007 te veel koeksisters ge-eet het! As jy naby staan as sy afslaan met so ene lugtennis-balletjie, rand die velle van jou oe af soos dit traan!

    Ridder – darem drink ek eers voor ek nonsens praat – gewoonlik is ekke helemal normaal! Lol!

    Vertel net bietjie? Gaan ons `n poem blad kry hieso? Ek wil preview op jou boek!

  14. Hallo Wit Ridder, alles lyk vir my soos die BLOU lug hierbo deesdae😉 Te pragtig…

    Bierpens gaan loer by my waar jy die ID kits kan koop. Dit was een van my groot vrese dat ek nie iets so hê behalwe foto’s om hom te ID nie.

    http://zee3.wordpress.com/2008/08/14/100-id-a-kid/

  15. Arabier, nice om jou weer raak te lees.

  16. Sigeuner!!!! Skaam jou!😉 hul sê mense sien hulself in ander…hehehe of ruik jy in die geval jou self? LOL!:mrgreen:


Categories

%d bloggers like this: