Posted by: White Knight | Saturday, 11 October, 2008

Die Blog Sweer

Na aanleiding van Sammi se skrywe op haar blog het ek reageer, maar dis te veel vir slegs ’n kommentaar.

Sammi

Ek verstaan jou frustrasie heeltemal. Die hele gebeurlikheid wat nou vir ’n geruime tyd, omtrent ’n jaar, al aan die gang is, bly onsmaaklik. Ek is glad nie te vinde daarvoor dat mense stellings maak of in die proses om ’n punt te bewys ander se familie en omstandighede beledig nie.

My persoonlike gevoel oor die Missing Children projek?

Admirasie vir mense soos Pieter Boshoff en ek gee my ondersteuning aan hul projekte. Die Bosparra projek het ek reeds aan Platkuif oorgedra wat ek dink. Missing Children het ’n web adres waar enige een hulle bank besonderhede kan kry en geld direk aan hulle oorplaas, dit is dus nie nodig deur ’n derde party te werk nie.

Platkuif se manier van hoe hy altyd dinge doen, is teenstrydig met dit wat hy nou probeer. Die werklikheid is dat hy presies optree soos wat hy beweer ander doen nl. Om aan die eenkant ander te benadeel maar nou moet almal op die wa spring as hy iets goed wil doen.

Sy beheptheid met bekende persone en hulle sogenaamde skandes, wat niemand ooit sien nie behalwe hy, is soos ek alreeds op ‘n ander forum gesê het, om van naar te word.

As jy soos ’n redelike volwassene by die feite bly en jou opinie lug oor ’n onderwerp het ek persoonlik nie ’n probleem nie. Mense gaan nie altyd met ’n ander se opinie saam stem nie. Sodra jy egter aanhou om ’n persoon verkleinerende en vieslike name te noem, en hulle en die naaste aan hulle begin vloek, dan is ek jammer vir jou maar jy het my respek verloor.

Hierdie soos met baie ander onderwerpe raak mense emosioneel en dit is wanneer emosies oorloop dat die lelike na vore kom.

Mense verskil, jy kry goeie en slegte in beide die Bodorp en die Onderdorp, op die Plotte en in die Stad, by wyse van spreke. Waar die persoon vandaan kom maak nie vir my saak nie. Die persoon se eie gedrag en uitsprake is egter wat tel.

Dus glo ek daar is ordentlike Parras en Poisonos Parras, ordentlike Slakke en Slymerige Slakke. Verwysings sleg gebruik ter verduideliking. Uit eie keuse neem ek nie deel aan die Bosparra forum nie juis oor die gedrag van sekere enkelinge daar wat onsmaaklik is.

Ek is wel van die opinie dat daar van hulle is wat mens ’n intelligente gesprek mee kan voer en onder ander omstandighede selfs sou kon saam kuier. Die probleem is egter dat enige een wat nie daar met die kliek saamstem nie word aangeval en selfs gevloek deur dieselfde kliek.

Nie almal is sleg nie maar ja, dit sal beter wees as elke een kuier waar hy/sy dit geniet en nie ander plekke daarby insleep nie. As jy lekker saam A en B kuier en hulle kan nie, hou jou mond oor A as jy by B is en andersom. So nie is jy net daarop uit om moeilikheid te maak en behoort almal jou te verban tot die donker kelders van die blog sfeer. 😡 👿

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Middag White Knight

    Dankie vir die inskrywing. Ek het op ‘n stadium gedink en ek het wel myself verloor. Die stukkie bring alles weer in perspektief.

    As GROOT Volwasse mens wens ek ek kan altyd die volwassenheid in my gedrag oordra, maar eish as die bloed begin kook raas die dik moontlikke disleksiese koppie erg…

  2. Ridder
    Jy stel dit absoluut korrek, daar is aan alle kante van die samelewing goeie mense – persoonlik het ek nog altyd geglo die werklike goeie mens is die een wat ‘n ander beter oor hom/haarself laat voel.
    Nou ja, nou’s dit in die ope en dis goed.

  3. […] Hawe Die Blog SweerNa aanleiding van Sammi se skrywe op haar blog het ek reageer, maar dis te veel vir slegs n […]

  4. Hi Knight

    Presies soos ek die hele ding sien.

    Ek het ook oulike maats wat by die Parras uithang!

    Vir myself, soms kon mens daar lees, maar woeps!!! skielik verskyn daar weer die een of ander inskrywing wat my naar maak! :Twisted:

    Ek sê weer jy kan nie ‘n missing children projek aan die eenkant ondersteun maar aan die anderkant maak jy Celebs se kinders seer!!!

    Dit maak glad nie vir my sin nie.

  5. Hi daar Knight,

    Presies wat ek ook sê, dit lyk vir my die leier van BP. wil nou die MC. projek gebruik om tog net een keer in sy lewe in die koerant te kan kom, hy is mos obsessief jaloers op alles wat Steve bereik het in sy lewe en sal enigiets doen om tog net ook raakgesien te word, ek stem MC. het hul site waar mense kan gaan geld inetaal al die detail is daar, niemand sal ooit werklik weet wat sit nou agter die skielike kamtige “goeie ” agterbakse mens om te wil geld insamel en ook die vraag hoekom moet dit deur hom gaan en hy die erkenning soek ? ek vertrou hom glad nie, kom ons hoop dat hy vir een keer in sy lewe regtig iets goed wil doen.

  6. Ja Ida…altyd ‘n ietsie te griffel hier op die side line.Oulik.

    Feit is, die projek gaan oor niks oof niemand as die werk wat Pieter hulle doen nie.Punt.As julle kan support…great…en doen die betalings sommer direk en anoniem in die MC rekening in…sodat dit op GEEG manier met die projek geassosieer word nie…maar maak et die donasie 😉

    Onthou, it is ‘not about you’…

    leke dag verder

  7. o ja…ek dink nogsteeds Hofnar is ‘n aap.And time will tell…Moet nou nie my opinie jeens hofnar as ‘n excuse gebruik om nie by MC betrokke te raak nie.Dit sal mos pateties wees 😉 Dit is TWEE verskillende issues…traai om te onderskei.

  8. Hi Platkuif

    Ek hoef nie deur jou te werk om Missing children te ondersteun nie…

    Jy hoef nie so arogant te wees daar oor nie.

    Pieter Bossof het nie Platkuif.com nodig nie. Hy het gekom waar hy is met sy projek sonner jou.

  9. Platkuif
    Daar sink jy jouself alweer met jou tweede kommentaar 🙄

  10. (Verskoon my asseblief Knight)

    Platkuif ek verstaan dat jy nou hierdie absolute skrikwekkende obsessie oor Steve het, maar dink jy vir een oomblik wat sy kinders deurgaan, deur jou alewige gesanik, stories en beheptheid?

    Ek sweer jy dink nie logies nie. Jy is in jou eie wêreld vasgevang en vertrap en loop oor almal op jou “Sink vir Steve” mission

    Besef jy dat wat jy op die www skryf, bly vir ewig daar? Jy slaan jou naam met ‘n plank man!! Geen ordentlike mens gaan tot sulke uiterstes om ‘n ander mens se lewe hel te maak nie. Wat is fout met jou???????

    Ek kry die indruk dat jy vreeslik arrogant is??? Help my asseblief reg, sou ek verkeerd wees.

    Kan jy nie vir jou iets kry om jou ordentlik mee besig te hou nie? Ek meen dit moet tog vreeslik vervelig wees om ‘n ander ou se lewe onder ‘n vergrootglas dop te hou. O ja ek vergeet jy is besig met die Missing Children projek!!! Bravo! Jy het darem ‘n hart wat daar êrens klop.

    Natuurlik is die missing children projek ‘n goeie saak. Ons wil dit almal graag ondersteun!

    Maar waar lê jou lojaliteit teenoor kinders, net by vermiste kinders, of is alle kinders vir jou belangrik????? Ek verstaan nie te lekker nie???
    Waar pas Steve se kinders in, wat deur hel gaan omdat jy nie hulle pa kans gun om sy lewe te lewe nie?

    By the way, ek wil en kan nie onderskei nie!!! Alles jou eie toedoen! eeeeuuuuwwhhhh 😮

    Moving on swiftly …..

  11. Howzit Ridder, geluk en ja ek sal so tussen al die werkery inloer en comments lewer, maar wees verseker ek gaan my se se.

    Platkuif, sover het ek nie `n probleem met die ou nie, almal wil tog nie vir Steve aanbid nie.En ek beslis nie.Maar Platkuif………….oppas vir `n obskure obsesiewe viktimisasie.

    Soos jy se White Knight dis die Yin EN die Yang.

  12. Moontlik wil hy regtig iets goed doen maar hoe de donkie moet mens hom glo? die beeld wat hy geskep het van homself lyk heel anders as die goeie outjie wat hy nou wil wees, jy is of goed of sleg nie half, half nie.

  13. HI Brein, Ek stem saam met jou, ek aanbid wragtig nie vir Steve nie, maar as iets verkeerd is dan is dit verkeerd, ek kan nie net alles wat ou Platkuif oor Steve sê aanvaar en maar stil bly nie. Steve is wragtig nie die slegste krimineel in SA. soos wat dit daar op Bp. aangaan nie. Ek wonder of Platkuif besef hoeveel mense hy werklik seermaak met sy walglike aanmerkings en gespot oor Steve se operasies, ag sommer net sy hele haatlike houding.

    Elke keer sê ek vir myself dit is nou die laaste, moenie eers meer lees wat hy te sê het nie , maar wragtig dan word ek net weer kwaad en antwoord maar weer op al die dinge.

  14. WK, ek is bietjie laat, maar welkom hier! 😉

    Die MCP is sekerlik ‘n worthy cause, maar dit is daem ook nie die begin en einde van hulpbehoewende organisasies nie. If you catch my drift…

  15. WK – verskoning, maar hierdie een gaan bietjije lywig wees –

    Breintjie – nou sit ek en lees hier by my lonesome self jou inskrywing en sien jy haal WK se verwysing aan dws., na yin-yang – dit maak my onmiddelik helderder wakker uit my middag slapie uit – sien ek wonder baie oor sulke stellings en analiseer altyd of dit in die korrekte konteks gebruik word en is van mening dat dit nogal toepaslikheid is – ek dink dis nogals relevant in hierdie geval waar sekere faktore uit die geskiedenis van die onderwerp ter sprake is – maar hier in my agterkop steek daar toe ‘n ander vraag vas en dit is, is daar iets soos ‘n ‘goeie heks’? Onmiddelik se my gesonde verstand vir my Nee – hekse beweer wel dat hulle ‘goed’ is omdat hulle bonatuurlike magte gebruik om ‘goeie dinge’ in mense se lewens te bewerkstellig – en dit word ‘wit magie’ genoem – dit is veronderstel om mense te ‘help’ – die teenoorgestelde daarvan is ‘swart magie’ wat mense dan ‘kwaad’ aandoen. Wanneer ‘n ‘goeie heks’ dan gevra word – ‘kan jy my vervloek’? – is die antwoord – ‘Ja’ – die heks se ‘goedheid’ is dus nie haar aard nie’ maar in haar verhouding met die mens. Sy (die heks) kan goed of boos wees, na gelang van die omstandighede en of sy van die persoon hou aldan nie.

    Wipneus, Ida-hallo! – my kommentaar is ook gebaseer op baie van julle vrae en stellings in julle kommentaar hier bo.

  16. En natuurlik ook op Sammi se inskrywing op haar blog. 🙂

  17. Soos jy se Masharona ek glo aan die yin en yang. Kyk my posting op ons blog daaroor Dinsdag.

    Ida Jvr soos jy sien waarsku ek Platkuif oor `n moontlike onbewustelike obsessie.

  18. WK

    Ek’s net bang dat die meeste mense se persoonlike opinie omtrent Platkuif die issue kan cloud.

    Platkuif is van nature ‘n persoon wat dinge op sy manier doen en 9 uit tien keer is dit ‘n manier wat teen die grein van beterwete opdring.

    El volg al lank die skrywes op BP en telkemale word daardie denkwyse bevestig, MAAR…daar is net so veel kere waar mens kan sien dat die denkwyse die van die meerderheid weerspieel.

    Ek stem volkome saam dat mens nie geld aan MC hoef te skenk deur BP nie, maar hoeveel van ons het geweet van die organisasie VOOR Platkuif met sy eie projek begin het? Ek vertrou nie veel nie. Hoeveel sou met die hulp van ‘n geskrewe versoek geld skenk aan die projek sonder die moontlikheid van persoonlike gewin deur te bie / pledge / ens? Ek neem aan bitter min.

    Ek is geneig om saam met met PK te stem hier. Dink van hom wat julle wil. Ek het my eie beskeie opinie omtrent die man, en dis nie alles sleg nie. Maar dit wat hy tans doen, ongeag die feit dat daar publisiteit uit die aangeleentheid kom vir BP, is goud werd vir die projek in sy geheel. Dit beteken steeds nie enigeen MOET deur die BP kanaal geld skenk nie. Solank as wat dit wat hy tot dusver gedoen het mense bewus gemaak het van MC en dit ‘n paar skenkings tot gevolg het is ek seker dat hy en die ouens van MC bitter gelukkig daar sal uitsien.

    Dit sal ‘n power wereld wees as almal altyd moet saamstem. Ek hoop net dat dit wat ek nou geskryf het ten minste ‘n verskil kan maak aan ‘n paar mense se denkwyse.

  19. Pagoda- die meeste van ons wat hier opinies lewer (en ander wat verkies om die stilte te handhaaf) oor Platkuif se poging om nou by MC betrokke te raak was reeds by MC betrokke LANK voordat Platkuif hierdie huidige poging op sy BP Blog. Daar was mildelike en spontane genotvolle bydraes aan MC – dit was groot pret om “te gee” sonder enige “issues” daaraan verbonde – dit is my mening dat jy op daardie stadium van die “geveg” nie betrokke was op SSSB nie en nie die oor die feitelike “detail” beskik nie. Indien ek nie verkeerd is nie was daar ten tye van die bydraes wat bewerkstellig is deur SSSB Bloggers en ander individuele persone omtrent 6000 – 8000 geregistreerde bloggers op SSSB – dus was daar BAIE mense voor Platkuif se projek, bekend met MC en baie van die persone het sonder enige twyfel DIREK en sonder enige druk aan MC skenkings gemaak. Jou stelling dus dat min mense bekend was met MC voordat Platkuif begin het met sy poging vir fondsinsameling via BP is nie heeltemal korrek nie.

  20. Naand al die Bloggers

    Welkom Breinster, Sharona, IdaJvR, Bierpens, Sammi, Pagoda32, Platkuif……ens. 😉

    Dankie vir elke een se kommentaar, dis tog waaroor enige forum behoort te gaan, of nie?

    Lekker debat oor enige onderwerp, ongeag wat jou persoonlike siening is. 😉 Selfs mekaar terg ook van tyd tot tyd, sonder om persoonlik te raak.

    My eie opinie is dat elke persoon ‘n ingebore, GOD gegewe gawe het om goed te doen. Dis egter die mens se eie besluit om sy/haar lewe te lei hoe jy dit wil en of jy die slegte of die goeie laat seevier in jou lewe.

    Platkuif
    Jy is net soos al die ander welkom hier en geregtig op jou eie opinie. Ek sal nie sommer mense se kommentaar verwyder nie tensy dit regtig ongewens raak.

    Jou tweede skrywe egter is juis dit wat ek na verwys het al meer as eenkeer. 😕 😡 Annaliseer dit as jy wil. 😉

    Pagoda32
    Ek het in beginsel nog nooit ‘n probleem gehad met die idee om ander te help waar daar ‘n behoefte is nie.

    Jy wat self ‘n voormalige blogger van SSSB was behoort te onthou dat daar ‘n permanente “link” na die Missing Childrens webwerf was op die kant staaf.

    Ook was daar voortdurend aan Pieter persoonlik die geleentheid gebied om verslag te doen en ook hulp te vra oor die verskeie projekte en suksesse van die organisasie.

    Die blog gemeenskap is ‘n klein persentasie van die bevolking en ja elke bietjie help. Die mense kom en gaan en daar is baie vergete bloggers en ook nuwe siele in die gemeenskap.

    Daar was op ‘n stadium meer as elfduisend geregistreerde bloggers by die SSSB. ‘n Redelike groot platform vir bemarking van enige aard, selfs hoenders 😉

    My punt is omdat dit Steve se blog was, is enige iets wat gedoen is, juis deur Platkuif en andere, aangeval en afgemaak as snert.

    Nou moet almal by Platkuif se projekte inval en dit ondersteun ongeag.

    Hmmmmm, NEE, as jy wil goed deon, doen goed, maar moenie almal knock en dan verwag dat die mense gaan bly wees as jy die dag jou hand opsteek vir iets nie.

    My persoonlike uitdaging aan almal is dat elke persoon wat ‘n blog het, sal spasie maak vir “links” na die verskillende organisasies se web werwe en sodoende die behoefte daarbuite bekend maak.

    Nou soek ek net iemand om my te leer hoe doen jy dit. 😆 😳

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

  21. WK – lyk my ons skrywes oor die betrokkenheid van SSSB lank voor BP het mekaar het mekaar in die kuberruimte oorkruism- maar stem ooreen. Rustige Nag!

  22. Pagoda;

    Met een ding sal ek saamstem, dat daar nou so baie nuwe mense is wat daar op BP. lees en skryf en dat nie almal weet soos ons van MC projek van Steve se blog af nie. Maar dat ek ooit van Platkuif se manier van dink en kwaadsteek sal kan hou of iets goed daarin kan sien glo ek nie maklik nie. Ek sê jou eerlik dit is die eerste keer in my lewe wat ek met so haatdraende persoon te doen het.

    Ek dink daardie tipe persoonlikheid word in jou ingebore, en op hierdie ouderdom wat hy al is kan hy nie maklik verander nie dit is hoe hy is, hy kan toneelspeel en maak of hy omgee vir iets vir ‘n rukkie maar dit salnie lank hou nie want dit is nie hy nie.

  23. Jis! – herhaling en lettertjies intik waar dit nie hoort nie vang haal my nou in – dis nou slaaptyd!

  24. White Knight;

    Ek is bly jy noem van hoe Platkuif alles wat Steve goed gedoen het vir ander, sleggemaak en afgekraak het en hy doen dit nou nog, waar sal hy ooit verander? nee nie maklik nie.

  25. Masharona; Ek stem dit raak nou slaaptyd, maar dit is reeds nou so lekker stil en rustig om gou oral in te loer.

    Lekker doeks almal.

  26. Ridder,
    BRAVO!!!

    Wil net ‘n verdere punt ter aanvulling van Sharona maak. Voor jy of Pagoda daar was, het Steve alles persoonlik bemark, soos Afriforum, MCP, solidariteit ens en daarna het dit op die blogstaaf gaan rus.

  27. Sien dis juis om daardie rede dat ek geen probleem met PK se efforts het nie!

    Alhoewel ek deel was van die SSSB wereld het ek niks geweet van Missing Children nie. En as ek nie enigste een is nie, hoeveel ander weet nou daarvan?

    Ek doen nie iets om my naam in ligte te sien nie. En ek sou graag wou glo dat daar ‘n manier kon wees om skenkings te in sonder om self iets daaruit te kry. Maar…

  28. WK

    Baie welkom in die land van die bloggers bly ek kon ook jou blog raak lees!!

    Liefdetjies
    xxxx

  29. Ridder, baie welkom in blogland en ek sal gereeld ‘n draai hier kom maak.

    Masharona, ek stem heeltemal aam met jou.

  30. Ek ondersteun MC. (.) 😉

  31. Pagoda
    Het jy my skrywe op my blog aan Platkuif gelees vir bietjie agtergrond?

  32. Mooi so Knight, het altyd lekker met jou gechat toe die chatroom by SSSB nog daar was. Sterkte en geniet jou blog, ja dit gaan goed met Steve en sy gevoel oor Platkuif se manewales: “Hy’s insignificant in my lewe ek het eers gevra van watter koffie praat jy toe hy my aanhoudend nooi vir koffie, nou ignoreer ek hom”
    Mooi bly julle almal, ek’s terug en sal steeds vir Steve baklei nie dat ek ooit opgehou het nie!

  33. Ag, ek bly lekker in die bo-dorp en die onder-dorp, op die plot en innie stad. Soms is ek ‘n bywoner, ander keer die boer. Dank die vader ek is vry om so by almal en alles te gaan kuier. Tot hulle my wegjaag 😉

    Emil was nou ook hier!

  34. Ek ondersteun MC ook. Maar nie vir PK nie. 😉

  35. […] Jukskei rivier is onhoudbaar. Die arme Cheetah en Leeu ondersteuners is erg getraumatiseerd. […]Die Blog SweerNa aanleiding van Sammi se skrywe op haar blog het ek reageer, maar dis te veel vir slegs n […]

  36. ai en vandag is daar weer ‘n Steve storie op die voorblad wat skreeu vir aandag. Waar is waarheid dan?


Categories

%d bloggers like this: