Posted by: White Knight | Friday, 10 October, 2008

Springbokke?

Op my daaglikse oggend ekspedisie na die soutmyne, duur nogal ’n hele rukkie, verneem ek vanuit die blêrkas, dat môre se semi-finaal rugby wedstryde bespreek word. Die Sharks teen die Leeus in Durban en Blou Bulle teen die Cheetahs op Loftus.

Ja die hele land in weer aan die kant kies, gewoonlik teen die Blou Bulle, 😈 maar ja, dis die prys wat jy betaal vir om die beste te wees. 😉

Nou vir wat is dit so uitsonderlik dat ek nou ook ’n eier wil lê oor die onderwerp?

Juis die stelling wat gemaak is deur een van die sport kommentators. Daar is spesifiek verwys na elke span wat speel se Springbokke wat ingesluit is. Nou wat my kielie van die stelling is juis die getalle wat genoem word.

Blou Bulle – 8 Begin Span en 2 Reserwe

Sharks – 11 Begin Span en 4 Reserwe

Leeus – 2 Begin Span en 2 Reserwe

Cheetahs – 7 Begin Span en Reserwe

As my wiskunde my nie in die steek laat nie is daar dus 28 Springbokke môre in die onderskeie begin spanne en 10 Springbokke op die reserwebank. Dit sluit die spanne soos bv. die WP uit wat ook wemel van die Springbokke.

As daar net 15 spelers in ’n span is en 7 reserwes word toegelaat bring dit die totaal by 22 spelers. Ek weet deur beserings en ander faktore word spelers gekies vir die Springbok en ander spanne en ja gee erkenning aan die wat die hoogste plek in hulle sport bereik het.

Wat ek egter wil weet is hoe het daar in die verlede toe Rugby ’n amateur sport was soveel minder spelers rondgeloop as Springbokke en hulle het vir die volle 80 minute gespeel en is slegs vervang as hy werklik beseer was.

Nou is dit ’n werk, maar die professionele spelers word gereeld gerus en dan word elke tweede ou ’n Springbok, moenie die kwotas vergeet nie, en hulle speel nie eers meer die hele wedstryd nie. Sal nogal vir iemand wat van statistieke hou interessante vergelyking wees, om te sien hoeveel tyd iemand soos Frik du Preez gespeel het per wedstryd, teenoor vandag se superster slotte.

Dit is ’n ander veld en tyd se gesprek en ontleding, wat ek egter wil vra is die volgende.

Nou wie, is dan die regte Springbokke? 😕

<!–[if gte mso 9]> Normal 0 false false false MicrosoftInternetExplorer4 <![endif]–><!–[if gte mso 9]> <![endif]–>My eerlike opinie, as jy vir jou provinsie speel is jy ‘n Blou Bul; Shark; Leeu; Cheetah of ’n wat ookal jou span se naam ook al bekend staan en basta. Jy is ’n Springbok as jy die dag vir hulle speel en klaar.

Mag die beste span –Blou Bulle – weer wen. 😆

Advertisements

Responses

  1. Wit Ridder,
    dit is omtrent tyd dat jy jou eie blog oop maak!
    Sal gereeld kom oë wys.
    Groetnis uit die Sandput.

  2. Mag die BESTE span wen -SHARKS!
    :mrgreen: Black Power!

    Die powers to be wil nou alweer torring oor die embleem, nou sê die ANC leierskap “We must keep it” 🙄
    Ek sien hulle whoo die Afrikaners nou lekker daar in Stellenbosch. Die wiel draai vinniger as wat ons gedink het!

    Heits Kameeljoggie, lanklaas jou raakgelees!

  3. Natuurlik sal die Blou Bulle wen! Ek hou al borrils koud van gister af!

  4. Sigeuner – Tjorts! Laat die borrils val waar hulle wil – 🙂 – ek het nooit getwyfel dat die Bulle nie in die finaal sal speel nie. Nou hou ons die borrils koud, en blerrie baie van hulle koud vir die 25ste.

    Arabier – heita – sien jy is al weer terug in Sandput – hoop operasie “veiligheid” hier in die RSA het goed afgeloop???

    Sammi – ANC sal strategies nou nie verder baie wil baie “stir” nie – en ruk die rammetjie uitnek comrades nou in die “bek” – maar wag tot die verkiesing verby is – just watch that space.

  5. Hallo, Arabier, Sammi, MaSharona, Sigeuner en WhiteKnight, so lekker am weer die bekende name raak te sien.
    Sal beslis weer hier kom inloer! lekker dag vir julle almal.

  6. White Knight – ek moes net eenvoudig hierdie inskrywing hier plaas vanoggend aangesien Sammi ook ‘n mening gelig het oor dieselfe onderwerp – en wil ek net my beskeie mening lig oor die Luke Watson artikel in Rapport en Die Sondag vanoogend en derhalwe die volgende”

    Sien Comrade L(P)uke) Watson klim nou saam met Comrade Komphela op die “Springbok moet waai” bandwagon – die arrogante skepsel beweer al hoekom hy sy insluiting in die Springbok span aanvaar het en nie gewaai het nie is omdat sy pa Cheeky hom beinvloed het – jammer – maar dit is nie hoe dit werk nie – as Luke se beginselsaak so sterk was oor die wyse hoe hy in die Springbok span ingesluit was – moes hy nie sy insluiting aanvaar het nie en gewaai het (hy is mos mooi groot genoeg om sy eie besluite te neem en keuses te maak) – maar hy het eerder verkies om ‘n moordkuil van sy hart te maak – en ry nou op die verskoning dat sy pa te veel saam “gestruggle” het teen die apartheid “whites only” klubs daar doer onder in Port Elizabeth en dit sou beteken dat die destydse pogings deur die Watson broers nutteloos was. Wat verder nie vir my sin maak nie en glad nie stroof nie is dat hy nou wil beweer hy wou op die Springbok trui “puke” eerder as om dit aan te trek. Dit in sigself spreek boekdele van die tipe karakter van Luke Watson. Maar dan het ek die Watson’s (Pa en Ooms) op verskeie geleenthede raakgeloop in die Oos-Kaap waar ek ook gewoon het en weet dat hulle maar ook verskuilde agendas gehad het met hulle motiewe agter hulle aktivistiese optredes saam met die Zola en die res van die “clan”- hulle (Watsons) was nie verniet in ‘n besigheid waar hulle die swart koopkrag se geld mildelik aanvaar het nie – tot hulle eie voordeel gebruik het nie – soms het ek gewonder of dit nie misbruik was nie.

    Daar is dus vir my baie bekende faktore en ooreenstemmende optredes in hierdie hele saga- van toeka tot vandag.

  7. Hallo Ida!!

    Sharona (Jy is darem nie oud genoeg om ma te wees nie) 😉

    Hierdie mense is besig om elke stukkie van die verlede wat dierbaar vir ons was aan te val, tog gaan hulle hulself al dieper begrawe. Onthou jy hoe ontsteld ek destyds was oor die besluite van ons “powers to be” en konnie verstaan hoekom ander nie deur hulle kon sien nie, wel, nou voel ek BAIE rustiger want ek weet dat hierdie tipes se draad geknip gaan word. Hulle het vir lank agter die gordyn dinge aangevang, MAAR Slim vang altyd sy baas. Hul gaan hulself hang. Hulle maak mense soos ons net meer vasberade om TEEN verkeerd op te tree – hulle gaan hulself vasloop. Ek sien vandag die BEE aandele (waar ons uitgesluit was) het lekker gesak – die wiel draai altyd!

  8. het jy gesien wat het die wyse Monty kwyt geraak oor die Bulle en die Bokke in sy boek? sommer vir Naas ook betrek en dis funny met so baie Bulle in die kraal sou ek sweer hul hou van Naas? naar of waarheid?


Categories

%d bloggers like this: