Posted by: White Knight | Thursday, 9 October, 2008

Die leërs van jou lewe.

Die stelling

Baie van ons het of al die volgende stellings gehoor of self gemaak.

Wat gaan aan met daardie een, dis mos ’n ou nietige dingetjie wat hy/sy so oor tekere gaan?”

My magtig bedaar, dis mos nou niks daardie nie”

Wel hoekom sal ek nou wil bespiegel of skryf oor so n onderwerp?

Die rede is maklik, misverstand en onkunde maak ’n groot deel uit van die ongelukkigheid wat daar kan heers tussen mense en ook kan lei dat vriendskappe en verhoudings wat skipbreuk lei.

Ek is nie ’n “kenner” op die gebied nie en wil geensins my daarvoor probeer uitgee nie wat ek hier skryf is maar my beskeie manier van dit verstaan. Laat ek dus maar probeer aan julle verduidelik hoe ek dit sien en hanteer.

Inligting / ervaring stoor.

Elke mens het ‘n magdom van inligting wat jy daagliks moet prosesseer. Daardie inligting en ervaringe word noodgedwonge in jou geheue (brein) en emosies gestoor.

Hoe stoor jy jou inligting?

Dis eenvoudig, of dan tog nie heeltemal nie. Elke gebeure in jou lewe en die gepaardgaande emosies en verwerking daarvan kan vergelyk word met die liassering van dokumente in ’n leër, of dan as mens die rekenaar era gebruik, die stoor van inligting op jou “hardeskyf”.

Onbewustelik koppel jy aan elke situasie dan verskillende faktore wat weer kan vergelyk met die aanbring van merkers op leërs, hetsy kleure, name, of nommer en dieselfde met rekenaar inligting.

Hierdie merkers kan omstandighede wees, kleure, reuke, jou gevoel op daardie tydstip of geluide ens. Die voorbeelde is oneindig en verskil van een individu tot die volgende.

Met ’n liasseer kabinet sal jy jou dokumente wat jy gereeld gebruik voor en maklik bereikbaar plaas. Dis die dinge wat jy gereeld moet doen – nie noodwendig altyd lekker nie- en ook dit wat vir jou aangenaam is in die lewe. Die “seer en probleem” gebeurlikhede wil ons egter diep en verkieslik agter slot en grendel los, waar dit nie maklik bereikbaar is nie, soos daardie “versteekte leërs” in jou rekenaar, dis daar maar jy wil hulle nie noodwendig sien nie.

Wat het dit met enige iets te doen?

 

Die aangename leërs

Die lekker of “aangename” leërs het gewoonlik nie ’n probleem nie, of so dink mens mos altyd? Maar dis ook nie heeltemal korrek nie.

Voorbeeld:

Sou jy as kind saam jou ouers op vakansie gaan en julle het ’n wonderlike tyd beleef, sal daardie plek en gebeure as “aangenaam” in jou kabinet geliasseer word. Glad nie verkeerd opsig self nie. Maar gaan jy later as volwasse persoon terug na dieselfde plek en is moontlik getroud en het al kinders, het jou verantwoordelikhede verander en kan die ervaring heel ander daar uitsien. Dan kan jy anders voel oor die spesifieke plek veral as jy dit gaan vergelyk met jou vorige “leër” wat geskryf was as kind sonder sorge en met net een ding as prioriteit en dis om te speel, so veel as en so lank as moontlik.

Die vraag wat jy jouself dus moet afvra is, Het die plek noodwendig nou agteruit gegaan en dus nie meer lekker om daar te wees nie, of het jy verander en jou perspektief ’n ander dimensie bereik?

Dus hoe jy as persoon dinge ervaar, het baie te doen met jou omstandighede, ouderdom en ervaring in die lewe.

Seer of onaangename leërs

“Seer” leërs is daar of jy nou wil of nie en dit is ook nodig vir elke “rekenaar” om wel te funksioneer. Dis onlosmaaklik deel van jou lewe. Maar hoe ons dit hanteer is egter van belang. Baie mense weier volstrek om ten spyte van selfs hul tipe beroep ooit vir enige vorm van berading te gaan. Die standaard antwoord is mos gewoonlik, “Man ek is nie mal nie”.

Dis juis waar die fout lê. Die menslike vermoë om jou slegte ervaringe en herinneringe met tyd te blokkeer maak nie dat hulle nou skielik weg is nie, maar slegs “verseël” is vir alledaagse toegang en gebruik. Waarheid is egter dat indien jy nie na behore met slegte of goeie dinge in jou lewe deel nie, gaan jy die gevolge van dit met jou saamdra en dit het die slegte “gewoonte” om op die onmoontlikste tye jou te “byt”.

Voorbeeld 1:

Jy is betrokke in ’n motor ongeluk. Die oomblik voor die ongeluk plaasvind hoor jy motor bande wat skreeu en ook ‘n motor se toeter. Iemand wat gil gevolg deur die slag en geluid van staal wat frommel.

Selfs al was jy nie beseer in die ongeluk nie, sal jy altyd wanneer jy die geluid van bande hoor wat hard rem, assosieer met daardie voorval en onwillekeurig ineenkrimp, rondkyk en dalk selfs probeer wegspring uit die pad van die gevaar.

Ander mense wat dan naby jou is, sal dink maar jy is nie “lekker” nie. Die feit is egter, julle liasseer kabinet verskil. Hulle het nie ’n leër wat gemerk is, bande wat skreeu is gelyk aan ongeluk.

Voorbeeld 2:

Vrou kan ’n nuwe manlike kollega by haar werk nie verdra nie. Hulle baklei soos die preek woordelike kat en hond. Selfs die geringste kwessie ontaard in ’n oorlog. Weg van mekaar en saam ander kollegas is hulle albei die wonderlikste mense om mee saam te wees net nie in mekaar se geselskap nie.

Op ’n dag word die probleem duidelik. Die vrou was in ’n stadium deur iemand verkrag. Die verkragter het dieselfde naskeer gebruik en tipe klere gedra as wat haar kollega.

Onbewustelik waas haar “leër” gemerk met daardie reuk en voorkoms. Iets wat nie verwerk was nie en dus later na vore gekom het elke keer as hulle met mekaar te doen kry.

Was sy werklik vir hom kwaad? Nee glad nie, maar dit wat hy in haar verteenwoordig was in haar “leër” gemerk as seer en pynlik en het sy dien ooreenkomstig opgetree.

Wat probeer jy hierdeur bereik, wil baie seker weet?

Verdraagsaamheid.

Ek bedoel nie hiermee dat mense nou mekaar se foute moet ignoreer nie. Goeie vriende sal altyd hul vriende op ’n mooi manier wys op hul foute sonder om aanstoot te gee. Die boodskap wat ek probeer tuisbring is juis, dat jy nie die mense om jou se liasseer kabinet ten volle ken nie, al dink jy so. Weet dat elke persoon om jou anders as jy is en daarom nooit dieselfde oor alle gaan dink, redeneer en voel nie.

Watter “leër” in jou lewe het jy nog nooit mee gedeel nie? Dit kan ’n verkil in jou en ander se lewens maak.

 

 

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.


Responses

  1. Baie waar!

  2. White Night! Welkom! Whoohoo!

  3. Oulike manier van verduidelik. Welkom hier by saam met ons. Ek sal weer by die hawe aandoen.

  4. Puik inskrywing… Ek wens elke persoon waaraan ek kan dink wil hier kom lees. Soms is die groot kuberruim net te klein…

  5. Net soos jy sê!

  6. Sjoe, watter “powerful” inskrywing! Dis hoekom ek partykeer dink, ons is aan te veel inligting onder andere blootgestel, TOG moet mens seker ordelik probeer liasseer. Weereens verwysingsraamwerke.
    Well done, Ridder!

  7. Baie netjies uiteengesit en verduidelik. Ek is so bly jy is hier! 😆

    Uhm… ruik jy die gemmerkoekies? Vars uit die oond. Ek los ‘n groot bak sodat almal hulle self kan help… 😉

  8. Wow goeie inskrywing! Dit het my nou aan die dink gesit!

    Ek weet en voel sommer ek gaan lekker hier kuier!

    Dankie vir die koekies Dellie 🙂

  9. Dellie
    Jy maak my dag met die koekies 😆
    Nes Ouma en Ma dit ook gebak het 😉

    Dankie aan julle almal wat hier wa en die positiewe kommentaar.

    Sammi
    Ek stem saam dat die inligting so oorweldigend is dat die mens en menswees, verlore raak in dit.

  10. Hellooooo WK! Welkom in jou eie virtuele visbak – waar ons almal kan loer – en soms ons vingers kan indruk om te stir… maar jy sal die water moet skoonhou 😉
    Og! Ek klim nog elke liewe dag die een of ander leër en nes ek dink i’m up on top of it…. swooooosh… down I come with a bang and a rude awakening. But it’s life and I’ll climb it until I can learn to manage to stay on top 😉

  11. Wit RIdder, sjoe, wat ‘n inskrywing!!

    Dellie, dankie jou gemmerkoekies is darem maar lekker so op n Sondagaand!!


Categories

%d bloggers like this: