Posted by: White Knight | Wednesday, 8 October, 2008

Hallo Wêreld

Hallo Wêreld.

Nog ‘n nuwe blog in die reeds vol kuber heelal? Ja ek glo daar is seker nog plek vir vele meer en daar sal ook nog ander wees. Maar die hoof saak van my besluit om deel te word van die reeds besig internet snelweg is juis dat daar soveel seer en moed opgee daar buite is.

Ek besef dat as ‘n enkeling daar geen manier is wat ek alleen alles kan verander nie en selfs nie eers moontlik ‘n verskil kan maak behalwe vir dalk die wat naaste aan my is.  Maar ek kan probeer en as dit net ‘n verandering aan een enkele persoon se lewe gaan maak, ten goede, wel dan is dit al ‘n begin.

Kom kuier saam en maak ‘n positiewe bydrae, wie weet dalk bou ons ‘n ondersteunings netwerk en ‘n lekker kuier plek. Hou dit feitlik en moenie mekaar se persoon of familie op enige manier te nakom nie.

Bou op en help mekaar.

Groete

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Hi WK

    Welkom, welkom !!!

  2. Welkom Wit Ridder 🙂

  3. Hmmm jou wrintie waar! 2 hengse dinge het vandag gebeur! Ridder het wragtie sy eie blog ge-open met ‘n moerawiese brug oor die wêreld se water na die kasteel se asemrowende groot hout deure, en vandag het ek en Sharon vir Kalonkie ontmoet oor ‘n leka leka blogachino!

    Ek sien uit om die adel paadjie saam oor die brug te stap titanium ridder! 😛

    Bravo 2 oor en uit!
    007 red eerder ‘n environment as ‘n nasie…maar dalk verander die sienswyse…

  4. Hartlik Geluk met jou blog Ridder. Sal so nou en dan kom inloer – soos die tyd dit toelaat.

  5. Welkom, Welkom!

  6. Welkom, WELKOM Wit Ridder! Kan ek maar my skippie in jou hawe laat dobber?
    Jip, jou rede om nog ‘n blog oop te maak is goed, ons het almal nodig om veilig te voel, IEWERS.

  7. Hallo en baie welkom.

  8. Baie dankie vir al die bloggers wat ‘n wense van verwelkoming gelaat het. Saam kan ons ‘n verskil maak en ja dalk wie weet wat bring die toekoms vir ons almal.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 😆

  9. More Wit Nag

    Dog die dag kom nooit…

    Jy is een van die vele wat ek gemis het van SSSB dae af.

    Gooi… ons lees graag…

  10. Liewer laat as nooit, maar ek moet ook sê baie welkom! Ons het beslis ‘n veilige hawe nodig.

  11. Welkom!

  12. White Knight, dis nou ‘n aangename verrassing! Baie welkom, en mag hierdie vir jou ‘n heerlike ervaring wees.

    NS. Ek sal Vrydae sorg vir gemmerkoekies! 😉

  13. Hello Knight!!

    Baie welkom 🙂

    Ek is baie bly die dag het uiteindelik aangebreek!!

  14. Howzit en Welkom!

  15. Aan elke een van julle baie dankie, ek waardeer julle verwelkoming hier.

    Dellie
    Onthou beloftes maak skuld 😆

  16. Baie interessant gewees WK

    Groetnis

  17. Welkom White Night. Hoop dis die begin van ‘n lang en gelukkige bloglewe vir jou.

  18. ‘skies vir die spelfout

  19. Welkom WK, it’s about time!!!! 🙂

  20. Disse mooi naam virre nuwe blog innie straat! Welkom! Net een proleem…feitelik se jy? Ek praat so baie nonsens en soms so aanmekaar en like-it om te korswel…nou hoe dejel moet ek DIT nou feitelik hou?
    Groentee
    Sigeuner


Categories

%d bloggers like this: