Hierdie bladsy is om al die mooi dinge van mense te berg sodat dit nie verlore gaan nie.
Afrika, my hartklop ( 30 Oktober 2008 )
Afrika, O vasteland wat leef
die tromme wat jou boodskap dra
sal menigte nie verstaan en vra
net hulle wat een is met jou verstaan
hoe waardevol die weg gebaan
*****
Polsend, ritmies klop jou hart
vir menigte ’n siele smart
oor lag en dood die lewe vra
maar die wat een is alleen verstaan
hul oorleef op die weg gebaan
*****
jou vel met dood besaai
deur hulle wat wins najaag
slag, roof en moor vir niks
nie die waarde van jou verstaan
om plek te maak vir almal se bestaan
*****
jou ongenaakbare prag en praal
vir baie die doods verblinde skaal
dit aanskou en nie oorleef
als gemeet en nie verstaan
jou mag laat nie een ongeskonde gaan
*****
Afrika jou polsslag klop deur my are
bevestig daagliks die rede vir my bestaan
ineen gevleg is ons al die jare
vir my onnodig om te probeer verstaan
dat ek en jy net as eenheid voort kan gaan
*****
Die Veilige Hawe
( 16 Oktober 2008 )
Op die rowwe see
met golwe wat spring
skuim wat maanhaar bring
dobber ons rond
geskommel van kant tot kant
bang ons stort oor die rand.
*****
Is daar dan geen einde
aan die ewige ruk en rol
selfs kere wat ons in die rondte tol
heen-en-weer met die op en af
rondgegooi soos koring skei van die kaf
alleen en verlore
wanneer is my geluk beskore?
*****
so sal ek voortgaan
sonder ’n vaste wentelbaan
tot ek my opeens
in kalme water bevind
gevind die plek van rus, herstel en groei
genesing vir al die wonde wat bloei
hier kan elkeen rus en reg skawe
beskut in ’n Veilige Hawe
*****









hi White Knight! Wipneus het gese jy skryf gedigte…ek weet nie of jy al oor Afrika/Suid-Afrika geskryf het nie… dis ook die eerste keer dat ek hier kom! Ek glo nie ek was al hier op jou blog nie. As jy na my blog gaan en op die “gedigte/poems”-bladsy kliek, is daar ‘n boodskap van Wayne Visser..(een wat hy na my email gestuur het) in die kommentaar-boks gecopy…sal bly wees as jy dit gaan lees. Dankie!
By: Nikita on Sunday, 19 October, 2008
at 20:04
Hello Nikita
Baie welkom hier en dankie vir die uitnodiging ek sal beslis ‘n draai by jou maak.
By: White Knight on Monday, 20 October, 2008
at 07:37
Sjoe maar dis ‘n mooi gedig Ridder!
By: Zee on Thursday, 23 October, 2008
at 20:24
hmmm…ekke like van skippes en die see…
By: 007meisie on Tuesday, 28 October, 2008
at 09:49
Hey, jy het mooi gemaak met Veilige Hawe. En met die lees daarvan het die laaste ses reels skielik anker gegooi in my gemoed, het die getye bedaar en ek vir n oomblik skulpe op n strand van vrede opgetel wat ek nou as ‘reminder’ saam my hier sal wegneem om my reis deur hierdie dag voort te sit.
By: ELF on Wednesday, 12 November, 2008
at 11:24