Wat is die doel van ‘n blog?
‘n Forum waar jyself, en ander, ‘n regverdige kans gegee word, om sienswyses oor gemoedere en sake van die dag te bespreek.
Hoofsaak is egter om ‘n positiewe verskil te maak in mense se lewens. Onderwerpe aan te roer wat mense persoonlik raak en dalk net vir een ‘n nuwe dimensie bring in ‘n tyd van “duisternis”. Vir geen oomblik wil ek voorgee om ‘n kenner op al wat ‘n gebied is nie. Maar net deur my eie opinie te lug, kan daar wel ‘n spesialis verbykom, wat in ‘n poging om my verkeerd te bewys, ander kan help.
Daarvoor sal ek enige tyd my pak vat, solank die uiteinde positief is.
Maar wees oor een ding seker, dis Blou Bul se kraal die.
Maar elke ander spesie is ook welkom en almal word genooi om te kom rustig word, skoene uit te skop en met jou gekose verversings byderhand, deel te neem aan die besprekings.
Kan geensins waarborg dat daar nie met tye gek geskeer sal word oor onderwerpe en mense nie.









Beteken dit ons Sharks moet in die water bly?
By: Sammi on Thursday, 9 October, 2008
at 17:21
Nee Sammi dus juis hoekom dit ‘n veilige hawe is, niemand byt die ander een nie al is jy in mekaar se spasie.
Solank julle net belowe om nie die Blou Bulle te byt as hulle in die water kom kuier nie.
By: White Knight on Thursday, 9 October, 2008
at 17:34
Net gou weer my “straf” uitskryf!
DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE!
DIE BULLE IS DIE BESTE! DIE BULLE IS DIE BESTE!
Sela.
Grootneus
By: Arabier on Tuesday, 21 October, 2008
at 16:13
Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!
By: Johan Swarts on Tuesday, 11 November, 2008
at 13:42
Hallo
Dit is so lekker om al die ou bekendes raak te lees. Waar is die foto geneem bo aan die blog. White Knight g’n wonder jy het so ‘n rustige geaardheid en vrede wat ander tot bedaring bring nie.
Kon nog nooit op jou blog inkom en het iets op ‘n ander plek (lank terug) gelees wat ek toe die webwerf adres neergeskryf het, kan nie eens onthou wat dit was nie.
Maar dit is lekker om by ‘n naam uit te kom wat jy eintlik “ken”!
Lekker dag!
By: snymana on Wednesday, 26 November, 2008
at 10:41
Snymana
Baie Welkom hier in die Hawe om die Rondetafel. Hoop jy geniet jou kuiers hier saam ons.
Groete
By: White Knight on Wednesday, 26 November, 2008
at 10:56