Posted by: White Knight | Friday, 23 October, 2009

Die Dorings

Dagsê Kuiergaste van die hawe. Mag daar fees en vreugde wees in elke een van julle se lewens wat saam ons om die ronde tafel kuier. Daar is baie dinge wat mens wil kwytraak hier en aandag aan gee, maar die tyd is beperk. Dus hou ons maar by die belangrike dinge.

Eerstens geluk aan Plaasjuppie wat vandag verjaar. Geluk met ons verjaarsdag ou vriend, mag dit vir jou net mooi en wonderlike tye aandui. Geluk ook aan al die ander wat vandag en anders in Oktober die mooiste maand verjaar.

Die Hawe hoof vier sy dag saam besondere mense, dus is daar nie kans vir enige iets anders as net vreugde nie, want sulke mense is altyd spesiaal.

As daar nou een wens is wat die Ridder op sy eie verjaarsdag mag vervul sien en sy hart sal bly maak is dit dat die skrywe van vandag vir mense iets sal beteken en help om hul eie lewens te laat beter word.

Genade en vrede vir julle almal.

Die Kleed

Die lewe bring mense by mekaar. Soms vreemde soorte en tipes. Daar is tye wat julle net vlugtig in mekaar se lewens is. Ander kere sal julle vriende word of dalk net sake vennote. Elke persoon in die lewe dra egter ‘n kleed om hulle gedraai. Daardie kleed is die beeld wat hulle graag wil he die ander mense van hulle moet sien en natuurlik sodat ander hulle sal aanvaar en in hul midde verwelkom.

Party se kleed is egter stukkend en vuil, deur die omstandighede waarin die lewe hul soms ongevraagd gestuur het dan trek ons die neus vir hulle op, maar kyk nie na die persoon agter die kleed nie. Daar kan ‘n juweel in die vodde versteek wees. Die persoon verder aan dra dalk ‘n purper kleed en goue ring met die mooiste diamant en dis die een saam wie ons gesien wil word.

Elke persoon wil mos met sukses geassosieer word. Hoe meer sukses die jy jou mee omring hoe groter die kans dat jyself dan sukses sal smaak. Die persoon kan moontlik deur ‘n waas van gelowige omhul wees. Wie wil nou nie met gelowiges vriende wees en selfs besigheid doen nie.

Twee Vriende / Vennote

Dis hier waar die verhaal begin van die twee manne wat mekaar ontmoet het en hulle vriendskap en besigheid het sommer onmiddellik ontvlam en daar was vooruitgang en suksesse. Die een het homself sonder pretensies deur die lewe laat gaan, dus was sy kleed deur skynend en wat jy sien is presies wie en wat hy is, die sout van die aarde tipe wat met sy God gegewe talente woeker. Die vennoot weer was die flambojante tipe wat vir almal sy geloof en besigheids vernuf ten toon gestel het. Om elke hoek en draai het hy mense bekoor en soos die spreekwoordelike vlam die motte verblind en in sy “lig” vasgevang.

Op ‘n dag het Jantjie opgemerk dat daar ‘n seerplek aan sy lyf voorkom. Hy dit maar afgemaak as niks ernstig nie. Enkele weke later word die plek egter erger en hy kom agter dat dit veroorsaak word deur dorings wat in sy vel ingehaak het. Hy het maar aangehou om alles na die beste van sy vermoë te doen. Die seer plekke het erger geword en later begin sweer en by nadere onder soek geblyk dat die dorings kom van onder sy vriend en vennoot se mantel. Dit het hom gehak en gekrap juis op die kant waar hulle langs mekaar stap deur die lewe.

Toe hy die ontdekking aan sy vriend en vennoot bekend maak het Kaspaas se driftige reaksie gemaak dat die dorings kompleet afbreek en in Jantjie terwyl hy koers kies in ‘n ander rigting. Na Kaspaas weg is het Jantjie nog probeer om die situasie te beredder maar telkens het Kaspaas net volgehou hy was reg en alles was Jantjie se eie skuld en die skade wat hy aangerig het en soos dorings in Jantjie se vlees vas sit nie sy probleem is nie.

Jantjie was nog steeds die getroue en hardwerkende persoon, maar sy vertroue het skade gely deur sy vriend en dus het hy gesukkel om sy eie volle potensiaal te bereik. Elke keer as iemand hom vra maar hoekom hy nie meer so sterk uitreik na alles en almal nie dan was sy antwoord, “Kyk my dorings en die sweersels wat dit tot gevolg het”. Ek het skade gelei fisies en geestelik en kan dus nie aangaan nie. Selfs toe die Koning aan hom ‘n uitnodiging stuur vir ‘n feesmaal het hy dit van die hand gewys weens die doring en gevolglike sere aan sy lyf. Hy het maar verkies om op sy eie te wees en hom te onttrek aan die lewe.

Kaspaas het egter nog steeds sy eie weë gevolg en mense mislei met sy valse kleed, geensins van plan om enige persoon verskoning te vra vir die skade wat hy aangerig het nie. Inteendeel vas geglo hy nie foute gemaak het nie en selfs dit wat hy onwettig bekom het as sy regmatige deel beskou.

Die Gevolglike

Mense wat ander skade berokken het gewoonlik geen gewetens wroeging oor dit nie. Hulle gaan aan met hul lewens en beskou die “wins” wat bereik word daardeur as hul reg.

Jy aan die anderkant wat met die dorings van hul optrede gelaat word wat jou soms fisies, maar altyd geestelik skaad, sit met daardie sweersels wat jou verhoed om voort te gaan asook jou eie lewe in volheid te lewe. Dis hoekom dit so nood saaklik is dat almal die nodigheid van vergifnis moet verstaan en bemeester.

Indien jy dit nie doen nie, word jy die gevangene van daardie persoon. Hulle is lankal weg soms so ver dat hulle in ‘n ander provinsie of land is, maar jou nog steeds gevange hou deur die seer en skade wat hulle jou berokken het. Jy kan per slot van sake nie swem as jy ‘n beton blok in jou arms vashou nie. Dis nodig om ander te vergewe, ‘n proses wat jy in baie gevalle ander moet toelaat om jou te help en jou daardeur te lei.

Vergifnis is ‘n besluit wat jy moet neem en die gevolg daarvan is dat jy deur gebed en die beheer van jou eie gedagtes oorwinning behaal. Dit is wat jou losmaak van ander se dorings Die besluit om die doring te verwyder maak dit vir jou moontlik om die sweersels te laat gesond word. Gee so persoon oor in God se hande, want selfs die grootste wraak wat jy kan bedink is niks in vergelyking met dit wat God aan so persoon kan doen nie.

Die grootste straf wat jy enige persoon wat jou skade berokken kan laat oorkom is om hulle te vergewe en dan deur vir hulle te bid en te glo dat hulle ook tot bekering sal kom, is juis dat as dit gebeur, hulle gewete groter straf is as wat jy ooit kan bedink. Nie dat dit jou motief moet wees nie, maar juis dat ander ook soos jy die genade van God se feesmaal sal kan geniet.

Vergewe mekaar en verhoed deur waaksaam te wees in gebed, dat jy weer in sulke situasies geplaas word. Gebruik jou energie om vir mekaar te bid, selfs jou vyande, eerder as dat die gif van haat en onvergewens gesindheid jou sal vernietig.

Vrede en groete vir elke Huis, Paleis, Pondok en Varkhok. :wink: :smile:

Posted by: White Knight | Tuesday, 13 October, 2009

1 Jaar en Stowwerigheid se moses

Dagsê Kuiergaste van die Hawe. Ek vra nederig om verskoning dat die ronde tafel en al die stoele so vol stof geraak het . Net eers gou aan die kant en skoon maak, ughh, ughh, hoes, proes en nies.

Daarso, nou lyk dit beter en kan julle weer ‘n drink en eet dingetjie nader trek en saam kuier sonder die stof en spinnerakke.

Nee wat, vir die wat bly of dalk net teleurgesteld was, die Hawe hoof is nog spring lewendig en in die omtrek. Ander sake het baie aandag geverg en ek wou nie die blog bekrap net om te kan krap soos ‘n dronk vlieg wat in ink geval het nie.

Wel hopelik het die aarde nie sy wentelbaan verlaat in die afgelope weke en my alleen agter gelaat nie. Die Blou Bulle is nog steeds die WP, (Worried People) se grootste vrees in die Curriebeker reeks. Die Haaie en die Cheetahs moet maar besluit, wie wil teen die Bulle in die eindstryd verloor. :evil:

Nog ‘n sakie wat so ongesiens en sonder bohaai verby gegaan het was natuurlik die Hawe se verjaarsdag op 8 Oktober. Heeltemal vergete agtergebly met vele brein stof en baie kuier het die eerste jaar omtrent verby gevlieg. Aan elke een wat hier kom inloer gereeld of net somtyds, baie dankie en geluk aan julle, want dit is julle wat dit die moeite werd maak om wel voort te gaan met die skrywes. Sommer almal wat in Oktober verjaar saam die blog, mag die toekoms vir julle die vervulling van drome en ideale word. Liefde, geluk en vreugde julle metgeselle wees elke dag, nou en altyd.

Die manewales van die politieke sirkus en natuurlik narre soos die ASA spul bly maar deel van ons lewens. Ek sal seker nooit kan begryp wat verhoed sulke mense om ooit te besef hulle maak droog nie. Die magsbeheptheid en diktatoriale manier waarop sommige groepe en instansies hulle kliek beskerm is om van koue rillings te kry. Hoe siek moet die gees nie wees as jy nie kan besef jou optrede vergiftig nie net jou omgewing nie, maar die hele land?

As iemand wat persoonlik meer prakties as materialisties in gestel is, sukkel ek om al die verskonings te begryp wat daar geuiter word om spandabelrige uitgawes en vermorsing van belasting betalers se geld te probeer regverdig. Dis eenvoudig nie regverdigbaar nie. Indien veiligheid die opsie is soos beweer word, kry ‘n Bakkie wat met pantser plate oordek is om mee te ry, moenie my kom vertel jy het ‘n groot BMW nodig vir dit nie. Al wat jy wil doen is uitspattig wees en geld mors.

Maar daar is darem ook positiewe dinge in die lewe ons moet net soms stil raak en weer ons fokus reg instel. Die probleem is dat ons te veel na ander se opinie wil luister oor sake eerder as om self te gaan seker maak wat is die werklikheid. As ‘n bekende skryf Gretha Wiid en Angus Buchan is simpel om sekere beginsels te verkondig dan ja en amen duisende. Die probleem is net dat daai bekende persoon verstaan in die eerste plek nie wat die beginsel dat die man die Koning, Priester en Profeet van sy huis moet wees beteken nie. Sy skrywe is gebaseer op onkunde en die algemeen verwronge persepsies wat verkeerdelik die man as onderdrukker van die vrou uitbeeld. Die teendeel is egter waar. Enige ordentlike man wat werklik Koning, Priester en Profeet van sy huis is sal  sy vrou soos ‘n Koningin behandel en sy sal nie nodig he om die man se verantwoordelikheid te dra nie.

Dis dieselfde probleem wat mens ondervind met sedebewakers wat heeldag vir almal wil vertel wat is sonde en wat nie. Jy kan daai deuntjies maar agterstevoor en onderstebo ook fluit dit help niks nie. Al wat die ander persoon dink is jy karring en teem al weer. Jou werk is om die evangelie te verkondig sodat die Heilige Gees hulle kan oortuig om tot bekering te kom dan eers sal hulle deur die Heilige Gees oortuig word wat is sonde en wat nie. Per slot van sake oordeel God self nie die mens nie, maar die sonde. Die mens dra wel die gevolge van sy dade.

In elke geval, sodra jy begin dink jy het mense tot bekering gebring en dat siekes weens jou betrokkenheid gesond word, moet jy maar weer van nuuts af jou saak besin anders gaan jy net die stryd verloor. Elke mens kan as instrument dien tot ander se voordeel, maar jy is nie daardie voordeel nie.

Vrede en groete vir elke Huis, Paleis, Pondok en Varkhok. :wink:

Posted by: White Knight | Wednesday, 9 September, 2009

The Warriors

Good day to the friends at the round table. May you all enjoy a wonderful spring. Hopefully all of us can make positive changes in our lives that will ensure peace and happiness.

There is however one specific item that keeps popping up lately and that is the Warriors among us. These are the people that no matter what you discuss there will at some point be an indication that they worry about something.

Naturally all of us have worries of some kind at times in our lives. There is the current economical situation that cause recession in turn leading to companies rethinking there operations and in many cases resulting in retrenchment of workers. Now any person that claims to be unaffected by such a situation is not completely honest with themselves and other around them.

Being concerned when a loved one is ill or even worse admitted to hospital is completely normal. The multitude of questions, specially when the proper diagnosis is not complete or waiting for test result can drive any person over the proverbial edge.

The above is just examples of things people can face in their normal daily lives and is not what concerns the Knight. It is the situation were the husband know that the company intend to retrench people in order to cut operating cost, but he withhold the information from his wife and family in order that they do not have to worry. He will be the Warrior in this instance.

Next is of course the wife not telling the husband that her mother plan to move closer to them. Mother who she as daughter never got along with all her live since she did thing not according to her daughter’s believes. She will be the Warrior on this one since it is her mother that will again interfere in their lives when she lives closer.

Husband or wife not telling the other party that they have financial difficulty and need to cut back on spending. The one that knows about the problem will rather be the Warrior and try to resolve the issue on their own. Unfortunately the results are more devastating when they fail and possibly loose the car, house or even worse everything they own.

It is so much easier to have an open discussion whit your spouse than to try and hide anything. The biggest laugh I get is when one try to hide something from their partner in order to prevent them from becoming a Warrior about the problem or situation. The result is that the partner knowing you very well will soon realize something is wrong and start to be a Warrior also. Creating an even bigger concern with them because they see you being a Warrior and worries about you and being uncertain of what the cause of the problem is, they start to be an even bigger Warrior than you.

They Warrior over you and the effect on your health and also being uncertain of the reason for your actions, bring them to the point were they start to speculate about what can be wrong. This in itself is a recipe for a true disaster.

If people just wants to be open and honest to their spouses about what is happening in their lives they can save themselves and others numerous heartaches and pain that is caused by their own actions.

It is a complete change of mind for most people because of old unfounded believes that man must worry about the finances and women concentrate on the house and children. These and other myths about the cast in concrete roles of men and women in a marriage and the subsequent responsibilities have long been proved to be nothing more than just fairy tales.

If a couple want to have a happy and prosperous life together they must learn to be open and honest with each other. Never for the sole purpose of misguided protection of the spouse be sole Warriors over issues that affects them both and even the children.

Learn to communicate and talk to each other. Find joint solutions for concerns and stop being Warriors, you might be surprised that if you start talking those dark clouds might just get an instant silver lining.

Blessings and greetings from the House to the Palace, The Shack and the Pigsty  :wink: :lol:

White Knight

Older Posts »

Categories